Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Johan Anker en Sasha-Lee Davids stel ’n geestelike liefdesballade vry

Redaksiespan24 September 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Wat gebeur wanneer twee talentvolle sangers saam werk om ’n duet op te neem? ’n Treffer word gebore, waaroor musiekliefhebbers nog lank gaan praat.

Ek belowe is ’n hoendervleismooi Afrikaanse liefdesballade, met ’n Christelike aanslag en meesleurende wysie, wat albei kunstenaars se stemme soos ’n handskoen pas en ’n blywende indruk laat lank nadat die laaste noot stil geraak het.

“Ek was onlangs by ’n troue wat my opnuut herinner het aan die belofte wat paartjies aan mekaar maak. Die dominee het uit 1 Korintiërs 13 gepreek oor ware liefde tussen huweliksmaats en dit het my aan my ouers laat dink. Hulle sou vanjaar veertig jaar getroud gewees het en ek wou dit aan hulle opdra. Ongelukkig moes ons egter my pa aan ’n Covid-verwante hartaanval afstaan voordat ek dit kon doen,” verduidelik Johan Anker oor die betekenis agter hierdie besonderse lied, wat hy geskryf het, terwyl Sasha-Lee Davids, met wie hy die lied opgeneem het, ook kreatiewe insette gelewer het. Sean Butler het die lied vervaardig. “Ek het besluit om tog die liedjie vry te stel om my ouers se huwelik te eer, al is my pa nie meer hier nie. Gelukkig kon hy dit nog hoor voor sy dood en was hy mal daaroor.”

Volgens Sasha-Lee, wat in 2009 die medewenner was van Idols, gaan hierdie liedjie ’n gunsteling wees onder diegene wat tans troues beplan. “Dit is vir my ’n groot voorreg dat Johan my gevra het om saam met hom te sing en ek dink die publiek gaan mal wees daaroor. Dit het van die begin af met my hart gepraat en omdat ek ook ’n Christen is, kon ek dié pragtige lirieke uit volle bors saam sing,” sê sy. “Die melodie en produksie is so mooi gedoen deur Sean Butler dat jy nie anders kan as om verlief te voel nie as jy dit hoor nie.”

Beide musikante het dit baie geniet om saam aan die liedjie te werk en voel geseënd om te kan doen waarvoor hulle lief is. “Ek en Sasha-Lee wou graag goeie storievertellers wees en ek glo ons het hierdie liefdesverhaal mooi geïnterpreteer,” sê hy.

Ek belowe is Johan se derde enkelsnitvrystelling (buiten vir sy album) en volg in die voetspore van treffers soos Hoop en Bid en Soldaat wat nie net goed ontvang is op die radio nie, maar waarvan die musiekvideo’s ook deur duisende mense op YouTube gekyk is.

Johan het naam gemaak toe hy tydens die eerste reeks van The Voice SA (2016) die stoele laat draai het met sy weergawe van Hallelujah.

Wanneer die Oos-Kapenaar nie besig is om musiek te maak nie hou hy ook sy lyf akteur, aangesien hy met ’n BA-graad in Drama van Stellenbosch spog, waar hy onder die leiding van bekende regisseurs soos Marthinus Basson kon leer. Hy was ook al op die kassie te sien in ’n glimprol in een episode van die eerste seisoen van die kykNET-reeks, Boland Moorde.

Tans is hy besig om aan nog musiek te werk vir ’n album op kortspeelplaat en beplan hy om nog lank in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf doenig te wees.

Sasha-Lee Davids, oorspronklik van Atlantis in die Weskaap, is die wenner van twee realiteitsreekse; Idols (seisoen vyf) en Matrix (seisoen twee) en werk al vir twaalf jaar in die musiekbedryf. Sy is een van tien kinders en het in ’n huis vol musiek grootgeword.  

Ek belowe is haar tweede Afrikaanse vrystelling en volg in die voetspore van liedjies soos Ek Wil Jou Ken, True Believer, Girl Behind The Wall, It’s so Clear (saam met Mandoza), I Cry, Forever Yours, A Little Love en vele meer.

In 2011 was sy en haar gesin ook te sien in die kykNET-werklikheidsreeks, Huis van Davids, wat baie gewild was onder bewonderaars.

Gedurende grendeltyd, het sy besig gebly met aanlyn-vertonings en die opname van nuwe musiek en sy verklap dat daar ook ander opwindende projekte in die pyplyn is wat later vanjaar vrygestel sal word.

Johan en Sasha-Lee verkies albei om liedjies te sing waarmee hulle kan vereenselwig en hoop daarom dat Ek belowe vir luisteraars dieselfde sal doen.

Dit is ’n besonderse lied wat die potensiaal het om nog vir lank ’n treffer te wees onder musiekliefhebbers regoor die land.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.