Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ray Dylan groet ’n geliefde met hartroerende ballade

Redaksiespan22 September 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die SAMA-bekroonde musikant en liedjieskrywer, Ray Dylan, het oor die jare bekendheid verwerf vir treffers soos Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Jessica, Hier binne klop ’n Boerehart, Angel-face, You’re My Everything, Vir Ewig Jonk, Uitbasuin, Hier Teen Jou Lyf en meer en het lankal reeds die kuns vervolmaak om met Afrikaners se harte te praat. 

Sy nuutste vrystelling, Laaste Groet volg in die voetspore van die voetjeuklekker-popsnit, By Jou Voete Lê, wat dansvloere laat gons het oor die afgelope paar maande en steeds in die #1 posissie op talle radiostasies se trefferparades pryk.  Die musiekvideo, wat deur Wian van der Walt van Vonk vervaardig is, is ook reeds deur sowat ’n halfmiljoen mense op YouTube gekyk.

Die voorspelling is dat hierdie nuwe ballade se hoendervleismooi lirieke luisteraars in vervoering gaan hê.  Hierdie emosiebelaaide snit, wat hy saam met Piet Farrell geskryf het, gaan daaroor om afskeid te neem van ’n geliefde en is baie gepas in die hartseer tye waarin ons onsself tans bevind.

“Ek en Piet het destyds albei mense baie na aan ons verloor en toe besef dat tyd kosbaar en net vir ons geleen is,” vertel die sanger. “Die lied het my weereens net laat besef dat ons mekaar moet waardeer en ondersteun in moeilike tye.” 

Ray beskryf Laaste Groet as “kos vir die siel” en glo dat mense by die lirieke sal aanklank vind juis omdat Covid-19 soveel verlies en hartseer veroorsaak het. Hy hoop ook dat die liedjie in ’n mate vertroosting sal bring.

Ray Dylan is al vir drie-en-dertig-jaar in die musiekbedryf doenig en was maar twaalf jaar oud toe hy saam met Bles Bridges begin toer en optree het. Oor die jare, het hy verskeie goue- en dubbelplatinumstatus-albums en -liedjies uitgereik wat van hom ’n huishoudelike naam en groot gunsteling op die dansbaan gemaak het.

Tans werk hy aan twee nuwe albums wat hy binnekort wil uitreik en sien uit daarna om weer voor groot gehore op te tree.

  • Laaste Groet is op alle digitale platforms beskikbaar.  Laai dit hier af.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.