Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Weer Lig Wolkskip blaas nuwe lewe in Afrikaanse rock n rol

Redaksiespan20 September 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Weer Lig Wolkskip beloof om nuwe lewe in Afrikaanse rock n roll te blaas met hul debuutalbum, Sirkels. Dié album is die eerste amptelike vrystelling van die groep in Afrikaans.

’n Musiekvideo vir hul enkelsnit Kajuit sal ook op 10 September op YouTube te sien wees. 

Al die musiek en lirieke is deur Reinhardt Geyser en Stefan Vivier geskryf en opgeneem oor ’n tydperk van drie jaar – op verskillende plekke en in verskillende omstandighede. 

“Ons het so ’n ‘mobile studio’ aan die gang gehad wat dit altyd moontlik gemaak het om musiek te kon opneem oral waar ons gaan.” 

Kyk die musiekvideo vir Kajuit hier:

Die opnames is na Vinnie Enrico in Pretoria geneem om die dromme te finaliseer. Daarna is meeste van die hoof stemme oor opgeneem deur Nico Benade by Exclamation Studios. Nico het ook die vermenging van die album gedoen met Voor Die Vloed as uitsondering, wat deur Stefan gedoen is. 

Sirkels bestaan uit twaalf snitte wat wissel tussen In die stede se rustiger klavier begeleiding wat saamgevleg is met kitaar teksture, tot meer opgewekte, ritmies-gedrewe snitte soos Nog praat en Is ons al mal en Herfs.” 

Vir Wel, Kin dra van beide daardie kenmerke, wat getuig van eksperimentasie in dinamiek wat op die album gehoor kan word. Die lirieke speel met kontrastrerende elemente en hoe dit tog in harmonie kan bestaan. Elke song het ’n oorspronklikheid uniek aan dit self. “Ons het probeer om deur middel van verskillende benaderings en metodes van opname elke song tot sy eie reg te bring, dit is beslis deurdag.” 

Die album se titel Sirkels verwys na hoe elke begin voltooi tot ’n einde of nuwe begin. Partykeer herhaal sirkels en ander kere los dit op tot nuwes. As geheel is hierdie album ’n voltooide sirkel, nie net as ’n produk nie ,maar ook in die lewenservaring wat die skep daarvan was. 

Hierdie album is geïnspireer deur amazing ervarings, verhoudings, gebeurtenisse, mense en opgemaakte idees van twee mid 20 jarige musiekliefhebbers.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.