Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jacques Leonard stel eerste enkelsnit onder die Universal Musiek-vaandel vry

Redaksiespan17 September 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Nou en dan hoor ’n mens van iets nuuts… iets wat miskien herinner aan die verlede, maar kop en skouers uitstaan bo die res – uniek en kreatief.

Vandag hoor jy iets nuuts!

“Die liedjie bevat ’n mengsel van verskillende genres, maar die klank wat die meeste deurkom is alternatiewe pop met ’n bietjie punk,” verduidelik Jacques Leonard oor sy nuwe enkelsnit, Haar Hart, wat vandag deur Universal Musiek vrygestel word. 

“Die liedjie het ek geskryf as ’n moontlike oplossing vir rusie in ’n verhouding. Ek onthou dat ek myself verbeel het dat ’n vriend my raad vra oor hoe hy vir sy meisie kan jammer sê nadat hy verkeerd teenoor haar opgetree het. Toe begin ek skryf: ‘Los ’n voetspoor by haar deur’, ek het geskryf oor hoe ek dinge sou probeer regmaak in so situasie.”

“Elkeen van ons het erns ’n stukkie hart wat bietjie swart is van al die val. Ons moet dink oor hoe ons mekaar in situasies hanteer. Die wêreld sal ’n baie mooier plek wees as ons dink voor ons iets sê of doen. Hoekom wil ons ander seermaak met ons eie seer? Ek dink die liedjie skep ook ’n mooi versoenings prentjie.”

Kyk die musiekvideo hier:

Jacques het op die ouderdom van 11 begin sing en skryf toe hy blootgestel is aan die destydse MK-kanaal. Groepe soos Straatligkinders, Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties het sy aandag getrek. 

Jacques sê hy sal graag saam met Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties of Bernice West wil werk. 

“Soms skryf ek oor gebeurtenisse uit my verlede, soms oor toekomstige drome, soms is my liedjies ’n gesprek met God en soms is dit net my verbeelding. Ek skryf want ek skryf.”

  • Haar Hart is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.