Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jennifer Zamudio is terug met haar nuwe enkelsnit

Redaksiespan15 September 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Jennifer Zamudio het tydens die pandemie en grendeltyd, beslis nie op haar louere gerus  nie. Sy het twee uiters suksesvolle duette vrygestel, saam met Henri Alant (Daar’s ’n rede) en  saam met Riaan Grobler (Liefdeshartaanval). En getrou aan Jennifer se dryfkrag, verras sy  almal met haar allemintige treffer enkelsnit Dalk in Oktober 2020, wat menige beskou het,  “as een van haar grootste treffers nog.” Dalk het gesorg vir ses nommer 1 plekke op  verskeie radiostasies, waaronder een daarvan ’n nuwe rekord opgestel het vir die langste  nommer 1 posisie op daardie betrokke stasie se trefferparade.  

Toe dit tyd geword vir ’n nuwe enkelsnit vir 2021, het Jennifer gewonder hoe gaan sy haar  vorige suksesvolle enkelsnit kan verbeter. Die antwoord het onwillekeurig gekom met al die  ongewone gebeurtenisse gedurende die afgelope jaar en Jennifer het self begin skryf aan  As ek huil. En om die liedjie perfek af te rond, vra sy toe vir Tertius BC Pretorius om die  liedjie saam met haar te skryf. Tertius was ook die skrywer van Altyd Myne en Dalk. Met  so ’n wenkombinasie, kan die nuwe enkelsnit nie anders as om ook groot treffer potensiaal  te hê nie. 

As ek huil is ’n kragtige ballade met ’n diep hartseer ondertoon. Dit bring ook weereens  die warmte in Jennifer se stem uit, wat eie is aan haar unieke singstyl. Die liedjie beloof om  beslis die hartsnare te roer en mens op ’n emosionele reis te neem. Dit gaan verseker diep  aan jou binneste raak en jou laat dink aan jou eie verliese die afgelope tyd. So trek maar die sneesdoekies nader as jy luister na Jennifer se As ek huil en laat jouself toe om uitting te  gee aan al daardie opgekropte emosies.

Jennifer vertel self: “Ek het die afgelope tyd baie gestoei met die gedagte van verlies. Verlies  aan die dood, verlies aan die lewe, verlies aan inkomste, verlies aan werk ens ens. So kan die  lys aangaan en aangaan. Die kort en die lank is dat enige verlies altyd uitloop op hartseer en  hartseer loop uit op trane. Mense se seer het by my bly spook. Iemand het eendag dit so  mooi gestel deur te sê dat wanneer ’n mens huil word die vensters van jou hart weer skoon  gewas. Met As ek huil het ek probeer om die emosie van verlies vas te vang in my musiek, in  die hoop dat dit kan help om jou hartsvensters te kan skoon was. Tertius Pretorius het  ingestem om saam met my te skryf en sy bydrae was ‘n ongetwyfelde sielstoevoeging. Hy  het net ‘n manier van skryf waaroor ek mal is en ek glo dat ons iewers in die toekoms weer  sal saamskryf.” 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.