Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

4 Eva Young Band reik eerste Afrikaanse enkelsnit uit

Redaksiespan9 September 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die 4 Eva Young Band, wat amptelik dié jongste groep in die land is, het pas hulle eerste oorspronklike Afrikaanse enkelsnit, Ek is net ’n kind, vrygestel, en dié snit is ’n borrelgom kinderplesier waarby nié net ouers nie, maar ook kinders sal aanklank vind.

In ’n neutedop; almal wat nog nie heeltemal van “die dinge van ’n kind” ontslae geraak het nie, sal sommer ’n ou-skuur plaasdans doen as hulle na die liedjie luister. 

Dit is eintlik ’n nostalgiese onthou-liedjie van lang somersdae op oupa en ouma se plaas, dae van kettie skiet en “’n mielie of twee gaan steel.”

Die titel van die snit is ook heel gepas, want die vier kinders se ouderdomme wissel tussen 9 en 11 en boonop is die kleingoed ook instrumentale wonderkinders, maar gelukkig is hulle kindervoetjies plat-op-die-aarde. 

Ruben Herbst (10) bespeel die baskitaar amper net so goed soos Suid-Afrika se voorste baskitaarspeler Schalk Joubert. En as dáárdie vingers so liefkosend die regte akkoorde druk, word enige ouer se hart sommer week. Die res van die groep bestaan Caitie Rock (11) en Johan van Rooyen (11), wat beide die voorsangers van die groep is. Johan speel ook kitaar. Zandri Bezuidenhout (9), wat al amper net so goed soos ons eie Ghapi is, is die groep se drommer.

Dié groep het sowat drie maande gelede hul toetrede tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak met Sunny Day wat uitstekend op plaaslike en nasionale radiostasies gevaar het. Die enkelsnit is vergelyk met ’n warm sonnetjie wat op ’n wintersdag skyn en die kinders het bykans onmiddellik “Walt Disney-kanaal status” in hul onderskeie omgewings en skole gekry. 

Drickus Bezuidenhout van Mergemusiek – hy is toevallig ook die talentvolle Zandri se pa – het Sunny Day geskryf en vervaardig – maar met Ek is net ’n kind het het hy presies oor die regte musieksnare gestreel. Asof hy besef het dat ons herinneringe nodig het om aan vas te klou. “Die liedjie handel oor hoe om so lank as moontlik kind te bly. Om vlieërs te vlieg, om met ketties te skiet en kleilat te gooi. Om kind te wees, en pret te hê. Die liedjie tower ’n utopiese plaasprentjie op waar kinders nog op die trekker kan ry en die veld geniet,” vertel Drickus wat “in sy hart nog ’n regte plaasseun is.” 

Drickus verstaan die hart van ’n kind, ’n diep verstaan wat ook weerklank in die koorgedeelte vind. “Want die tyd vlieg so gou verby. Solank as wat ek kind bly. Met glinster in my oë, sal ek bly lag. Op die plaas kry ek nuwe krag.” 

Ek is net ’n kind is ’n modern pop-goedvoelliedjie wat die kinders se stemme goed pas. Dit is ’n bekoorlike liedjie wat net op die regte tyd – begin lente – uitgereik word. Dit beloof om ’n glans-in-die-oog te bring.  

Musiekkenners voorspel ’n wonderlike toekoms vir die kinders en ons hoop dat hulle sal voort huppel op hul sonskynmusiekpad. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.