Spoegwolf stel nuwe album vry

FOTO: Verskaf

Vandag sien die vrystelling van Spoegwolf se agste vollengte album, genaamd Silwer. Silwer kom na die vrystelling van die eerste enkelsnit vanaf die album met dieselfde titel in Augustus.

Silwer, die album is vroeër in 2021 geskryf en die groep het ’n totaal van agt maande aan die album gewerk. Jurgen von Wechmar was weer, soos met al Spoegwolf se vorige albums, aan die stuur van vervaardiging en die album is opgeneem by Sunset Recording Studios, met baie pre-produksie werk wat plaasgevind het by Spoegwolf se eie studio, Die Wolfhuis.

Met berge, branders en die maan as inspirasie, bevat die album ’n mengsel van epiese en huishoudelike temas, soos ’n supernova in die lug bo ’n stil klein plaashuis in die reënerige Bolandse berge.

“Hierdie album is rooted in happy memories. Dis die eerste Spoegwolf album wat so is. Die res was harde, negatiewe musiek. Hierdie is harde, dankbare musiek.”

Spoegwolf beskryf Silwer as die tipe musiek wat hul nog altyd wou maak, maar nog nooit tyd gehad het voor nie; ’n meer musikale aanbieding met ’n fokus op die verwerkings en musiek wat ’n storie vertel.

“28 minutes, three bags of sand and a whole lot of rock and roll. Hierdie album is ons manier om ons fans uit te vra op nog ‘n duisend dates. Let’s do this. Kom ons drink en kom ons sing. Ons het alles in hierdie album gesit. Alles.”

  • Laai Spoegwolf se nuwe album Silwer hier af
  • Spoegwolf bestaan uit Danie Du Toit – Stem en Kitaar, Moskou Du Toit – Tromme, Hiram Koopman – Saksofoon, Albert van der Merwe – Baskitaar en Chris von Wielligh – Kitaar.