Verlate – Kate Rok

Verlate se musiekvideo beeld alleenheid en selfrefleksie uit, die seer van mense afstaan aan die dood, of aan verbroke vehoudings. Jou eie wese en menswees wat jy verlaat, selfrefleksie in spieëls!

Die video is deur Kate Rok self vervaardig en die videografie en redigering is deur PeachTree Productions behartig. Die video is in Wespark begraafplaas geskiet, asook in ’n studio met spieëls. Die motor in die video, is Oud President CR Swart se Mercedes.