Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Pieter Strydom deel hartroerende lied aan sy dogtertjie

Redaksiespan1 September 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Willem Botha

Enige persoon kan getuig dat jou hele wêreld verander wanneer jy ’n ouer word. Jou hart  ervaar ’n ander tipe liefde – ’n liefde wat jou hart wil laat bars. Dit is presies hoe Pieter  Strydom gevoel het toe hy sy dogtertjie, Skylin vir die eerste keer in sy arms vasgehou het. 

Dit is die inspirasie agter sy splinternuwe treffer, Ek Is Daar. “Jou oë gaan oop en die wêreld  kry ’n nuwe kleur. Dit is ’n liefde wat jy nie vir iemand kan beskryf nie,” vertel hy met  deernis in sy oë. Die liefde vir sy dogtertjie borrel uit hom uit en hy wou baie graag dit  uitdruk in ’n liedjie wat hy ook eendag vir haar kan speel as sy ouer is. En moontlik self ’n  ouer word.  

“Ek het my hart met Riaan Benande gedeel en hom vertel wat ek ingedagte het. Ek was baie  opgewonde toe hy instem om die liedjie vir my te skryf,” sê hy. “Hy het die woorde so mooi  neergepen en my hart netso op papier neergelê.” Ek Is Daar is vervaardig deur die Murray  Lubbe van Hit Factory Records, een van die top vervaardigers in die land. “Ek wil die heel  beste vir my dogtertjie gee en is so dankbaar dat twee van die heel bestes in die  musiekbedryf by die liedjie betrokke was.” 

Ek Is Daar se musiekvideo is ook onlangs verfilm deur die voormalige NRG-lid, Abel Knobel.  Dié musiekvideo is geskiet by die pragtige Pecanwood golflandgoed in Hartebeespoortdam.

Die liedjie is ’n belofte aan sy meisiekind dat hy altyd daar vir haar sal wees. “Net om haar in  my lewe te hê is ’n voorreg, ek sal my lewe vir haar gee en haar beskerm maak nie saak wat  gebeur nie”. En die belofte sal hy hou tot hy eendag sy kitaar op aarde moet neerlê en vir  haar liedjies uit die hemel moet sing. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.