FOTO: Verskaf
Van vleis wys tot mielies gooi – die Janne van Jan Jan Jan het gesorg vir treffers wat die dansvloer aan die brand sal laat.
Nou is hulle terug en saam met Liezel Pieters is hulle reg om Suid-Afrika weer op horings te neem met die liedjie Spyskaart.
En maak maar reg vir ’n opgewekte, onverwagse liefdes-duet, met ’n tong-in-die-kies aanslag.
Dis reg, hierdie keer span hulle kragte saam met Liezel Pieters wat ook bietjie bane verwissel soos sy die ligter kant van Afrikaans aanpak saam met die manne. ’n Liefdeslied oor kos? Wel, ’n liefdeslied van hoe die perfekte een ’n liefde vir kos sal deel. Daar is meer as net tong-in-die-kies wanneer dit by ware liefde kom volgens die Janne – daar moet darem ook plek wees vir bietjie pannekoek en melktert saam met ontbyt.
So, as jy Jan Jan Jan en Liezel Pieters se liefde deel vir iemand met ’n voorliefde vir kos, of net lekker wil giggel soos jy musiek luister is hierdie die een vir jou, want terwyl mens ’n breek vat van eet sal hy lekker sokkie ook.
Luister die liedjie hier:
