Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Zaan Sonnekus stel tweede enkelsnit vanaf opkomende album vry

Redaksiespan20 Augustus 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Terse Photography

Zaan Sonnekus, met sy donker lokke en poëtiese lirieke, het ’n omwenteling in die plaaslike musiekmark veroorsaak met sy treffer, Ek Kan Net Bid, wat vroeër vanjaar vrygestel is en steeds op elke prominente radiostasie gehoor kan word.

Nóú is hierdie twee-en-twintig-jarige rocksensasie terug met nog ’n liedjie wat luisteraars se asems gaan wegslaan.

Hoog is ’n alternatiewe folk-snit, uit dié Pretorianer met sy kunstige versameling tatoes se eie pen, en kan beskryf word as ’n hoopvolle goedvoel-liedjie met ’n donker laag.

“Die lewe is crazy. Ek dink ons almal probeer nog onsself vind, of ten minste net weer ons voete vind, in tye soos vandag… dinge is nie meer so eenvoudig nie. Baiekeer moet jy in die soektog na jouself eers verlore raak,” verduidelik hy. “Jy soek na jouself as jy hoog is (op kruine) en soms as jy laag is (in ’n trog) en is dan oneerlik, want jy gee voor dat jy okay is omdat jy nie wil hê mense moet weet hoe jy regtig voel nie. In hierdie “soektog” na jouself stoot jy dalk mense weg en verloor hulle in die proses, al was dit nie jou bedoeling nie. Hulle is hoog en laag op hulle eie tyd en die hartseer ding is dat hulle nie altyd vir jou kan of wil wag om jou voete te vind nie.”

Dit is die musikant se tweede snit saam met Tertius Human van CoolerBox Brothers en dit is nader aan die klank wat hy graag wil weergee as sy vorige werk. “Hoog is anders as enige van my vorige songs, maar definitief nader aan die klank waarheen ek wil beweeg en ek dink dis iets wat oud en jonk sal geniet,” sê hy. “Die liedjie gaan hulle laat goed voel en ek is seker van die lirieke sal aanklank vind in hulle lewens. Ons almal gaan deur hoogte- en laagtepunte.”

Die musiekvideo sal in  September vrygestel word.

Hoog is die tweede enkelsnit vanaf sy komende album, wat in Oktober uitgereik word, waaroor hy baie opgewonde is. “Ek dink ek het êrens in 2020 uiteindelik my klank gevind en mense sal dit hoor in die album wat op pad is. Hierdie snit is ’n goeie inleiding daarvoor.”

Zaan het in Bloemfontein grootgeword en was nog altyd versot op musiek. Toe hy sy eerste kitaar kry op die ouderdom van tien, was daar vir hom geen twyfel oor wat hy met die res van sy lewe wou doen nie en daarom het hy na skool musiekvervaardiging gaan studeer by COPA.

Hierdie sielvolle liedjieskrywer en veelsydige musikant, met sy leerbaadjie en unieke stem, se droom is om betekenisvolle musiek terug te bring na die Afrikaanse mark en nuwe lewe in die bedryf te blaas… en met wat ons reeds die afgelope ruk van hom gehoor het, gaan hy beslis hierdie doelwit bereik.

  • Hoog is nou aanlyn op alle digitale platforms beskikbaar. Laai dit hier af. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.