FOTO: Verskaf
Tasché is terug met ’n nuwe oorspronklike enkelsnit en musiekvideo: Baby, ek bly.
Tasché se sielvolle rendisies van plaaslike en internasionale treffers het haar The Voice SA 3 titel in 2019 in die sak gebring, maar dit is haar oorspronklike liedjies wat haar tydloos en onvergeetlik sal maak.
IETS SPESIAAL…
Tasché se nuwe enkelsnit, Baby, ek bly is braaf en eg aan haarself. Sy wou ’n liedjie skep wat iets spesiaal vir haar en haar verloofde, Jo-Lene Benadé beteken, “maar ook ander kan inspireer om hulself en eerlik In hul verhoudings te wees,” vertel Tasché.
DIE MISVERSTAND…
Jo-Lene is nie net Tasché se “muse” nie, maar ook haar skryfvennoot. Baby, ek bly spruit uit ’n misverstand tussen die twee terwyl hulle in 2020 tydens die Vlak 5 inperking vasgevang was by die huis.
JAMMER
Tasché se manier van jammer sê was om haar kitaar op te tel en ’n melodie te soek vir die woorde: ‘’ek kan nie eet, slaap of drink sonder jou nie, ek wil nie, ek kan nie dink as jy my nie wil onthou nie’’.
“Ek het na Jo toe gegaan en dit vir haar gespeel en gevra dat sy help. Sy het dadelik met ’n smile gesê: ‘Ja ja, kom ek help,’’ vertel Tasché.
Kyk die musiekvideo vir Baby, ek bly hier:
KOMPETISIE
Net soos Tasché meer van haar liefdesverhouding in die Baby, ek bly musiekvideo gedeel het, wil sy graag dieselfde vanaf haar aanhangers sien. Die paartjie van wie se video sy die meeste van hou sal ’n aanlynkuier saam met haar en Jo-Lene wen. Tydens hierdie kuier sal Tasché hulle vermaak met liedjies, stories en ’n goeie tyd.
Hoe dit werk:
Paartjies moet Baby, ek bly gebruik as die audio van ’n video wat hul liefdesverhouding uitbeeld. Hoe die video lyk is heeltemal hul keuse.
Die video moet op die sosiale platforms TikTok of Instagram Reels gedeel word met drie voorwaardes:
1.) Tasché se Baby, ek bly moet die video se audio wees;
2.) Die hashtag #babyekbly moet in die TikTok ‘description’ en/of die Instagram Reels ‘caption’ wees;
3.) Tasché se TikTok of Instagram account moet in die ‘description/caption’ wees.
Die wen-paartjie sal op Maandag ,20 September 2021 aangekondig word.