Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Henrico Coetzer stel vyfde enkelsnit bekend

Redaksiespan5 Augustus 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die Lewe is die agt-en-twintigjarige Henrico Coetzer, talentvolle sanger van Pretoria, se vyfde enkelsnit en volg in die voetspore van treffers soos Man Van God, Hoor My Woorde en Soos Reën. 

Hierdie betekenisvolle popsnit is deur Angelique Lane geskryf en hy en Ettienne Lane het self die produksie daarvan behartig en die publiek gaan verseker daarby aanklank vind omdit dit iets anders as die normale “Henrico” is.

“Die liedjie moedig luisteraars aan om iets positief in ’n negatiewe situasie te probeer raaksien. In die tyd waarin ons nou is het die land en ons mense iets nodig wat hulle opgewonde maak en moed gee,” verduidelik hy. “Ek was op ’n stadium in my loopbaan wat ek gesoek het na ’n lied wat positief is vir die mense daar buite. Iets so ’n bietjie anders as die gewone om te wys dat jy met die regte denke ’n negatief in ’n positief kan verander.”  

’n Liriekvideo van hierdie besonderse snit, vanaf sy tweede album – Dis wie ek is…, sal ook eersdaags beskikbaar wees. 

Henrico het nog altyd geweet dat hy ’n musikant wil wees en liedjies soos Die Lewe, wat sy fluweelstem soos ’n handskoen pas, maak dit duidelik dat hy sy hart en siel in elke projek stort wat hy aanpak.

  • Die Lewe is nou beskikbaar op sy album, Dis wie ek is… en op alle digitale platforms. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.