FOTO: Verskaf
Bernice West het geen bekenstelling nodig nie, hierdie talentvolle kunstenaar het behoorlik die musiekbedryf op horings geneem met haar debuut-enkelsnit Sonop-Blom wat gevolg het met treffers soos Die Hart, Kom Binne en O Kind sowel as haar debuut album Net Geleen.
Hierdie nuweling se unieke styl en asemrowende stem is die nuwe evolusie van Afrikaanse Popmusiek en dit word oor-en-oor bewys met haar vrystellings. Sy is egter terug met ’n nuwe enkelsnit, Hemel Op Aarde.
Hemel Op Aarde gaan oor hoe almal se hemel op aarde verskillend is en lyk, partykeer is ’n persoon of dalk ’n liefde jou hemel op aarde, tot jy besef dat jou hemel dalk nie so baie hemel vind in jou, soos wat jy in hulle doen nie, partykeer is liefde ’n eenrigtingstraat.
Vir Bernice is hierdie een van daai liedjies wat eers op jou gaan moet groei voor jy daarvan gaan hou, en ons glo dat dit sommer vinnig op jou sal groei…
Kyk jy na die musiekvideo wys dit jou net weer hoe kreatief die span van Fokkid Media is. Die storie gaan oor ’n meisie wat besef haar hemel op aarde is nie meer op land nie, sy vlug dan en gaan soek dit op die see. Die idee is geïnspireer deur die liedjie self en die boodskap gaan daaroor dat dit okay is om partykeer dit waarvoor jy so lief is te laat gaan as jy nie gelukkig is daarmee nie.
Kyk die musiekvideo hier: