Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Kate Rok neem haar plek in…

Redaksiespan26 Julie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Willem Botha

Kate Rok lyk soos ’n donkerkop superster… met ’n Voortrekkerkappie… maar sy is simbolies van die sterk vroue wat sy bewonder, asook haar onwrikbare trots op haar kultuur en herkoms. Haar musiek is net so uniek en emosievol soos die vrou wat dit skep en sy bewys dit met haar eerste enkelsnit, Maangenade.

Hierdie veelsydige musikant en liedjieskrywer, wat in Bethlehem gebore is en in Clarens woon, het nie nodig om ’n plek in die plaaslike musiekbedryf te kom verdien nie. Sy het eenvoudig haar plek vol selfvertroue kom inneem, Voortrekkerkappie en al, met die bekendsteling van Maangenade op alle digitale platforms op haar verjaarsdag, 1 Julie 2021, spesiaal vir haar land en haar mense.  Dié indrukwekkende enkeslnit is op 2 Julie 2021 aan alle radiostasies landswyd uitegereik.  

Hierdie liedjie gaan oor hoe nietig die mens is in vergelyking met die grootsheid van die skepping. Dit is nostalgies, maar ook modern en uniek en kombineer lekkerluister kampvuurmusiek met dramatiese elemente om ’n reënboog van klanke te skep, sonder reëls, net soos haar geliefde land.

“Hierdie lied het ek geskryf om te onthou dat ten spyte van die seer in ’n mens se lewe, daar ook soveel mooi en lekker dinge is. As jy daarop fokus, vind jy genesing in die vreugde van soveel ander goed – soos familie, vriende en die natuur,” verduidelik sy. “Ek raak soms baie vies oor die situasie in my land, maar dan besef ek dat die genade van my opvoeding en hoe ek redeneer, gesetel is in kennis wat ek onverdiend ontvang het. As jy besef hoe groot rol jou genade-aandeel in jou lewe speel, behoort jy meer empatie en liefde uit te deel, ongeag wie dit is.”

Kate Rok glo dat die publiek van die liedjie sal hou omdat dit positief, patrioties en romanties is en sy is ongelooflik trots op die eindproduk. “Maangenade gaan oor ’n universele tema. Dit laat jou trots voel op jou kultuur en jou eie bestaan, maar hopelik inspireer dit ander ook om nog liewer vir jouself, jou medemens, jou kultuur en land te wees.”

Dié treffende liedjie word ook gekombineer deur ’n hoendervleismooi musiekvideo wat op 6 Julie bekendgestel is en afspeel op haar pa se prentjiemooi plaas in Clarens. Adelheid Broom was die regisseur van dié besonderse video, met haar Great Dane – Barnaby – in die hoofrol en Dawid Raath agter die kamera.

“Ek en Barnaby gaan oral saam. Hy is my beste vriend en my beskermengel… ’n legende in my gemeenskap. In die video, wou ek die dinge wat ons die gelukkigste maak ten toon stel… ons “roadtrips”, om tyd saam met familie en vriende te spandeer, om nuwe mense te ontmoet en die beste van elke oomblik te maak,” deel die sanger. “Dit is op my pa se plaas, Witrans, geskiet waar ek al soveel liedjies geskryf het, trane gestort het, en lesse oor die lewe geleer het. Al die mense en dinge in my lewe, wat ek as ’n voorreg beskou is deel van die video en ek wou ook nie te veel sing nie en eerder visuele kuns in storievorm weergee vir die kyker om te geniet.”

Kyk die musiekvideo hier:  

Hierdie interessante en sterk jong vrou sing al vandat sy drie jaar oud is en skryf al van skooldae af haar eie musiek.

Die land en sy probleme inspireer haar om liedjies te skryf en sy hoop om mense met haar musiek te motiveer om ’n verskil te maak in ander mense se lewens.

Kate Rok is besonders en vol verrassings en aanhangers kan elke maand iets nuuts uit haar pen te wagte te wees. 

“Ek hoop dat Maangenade luisteraars sal help om die genade in hulle eie lewens raak te sien en dankbaar te wees daarvoor,” sluit sy af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.