Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Anton Thomas se nuwe enkelsnit is hier!

Redaksiespan21 Julie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die Johannesburgse sanger Anton Thomas se nuutste enkelsnit Soms is ’n liedjie met ’n country-skop, maar dit beweeg weg van die meer tradisionele klanke en die resultaat  ’n pure rock/country-plesier.

Met dié liedjie het Anton probeer om verskillende genres te meng. “Ek is mal oor country en ek hou ook van sekere elemente van rock. Ek dink het ek daarin geslaag om met ’n splinternuwe klank vorendag te kom,” vertel hy. 

Anton het veral bekendheid verwerf het toe hy aan Patricia Lewis se Supersterre deelgeneem het. Sedert sy deelname het hy op verhoë regoor die land opgetree, by verskeie kuierkroeë gesing en ook by verskeie troues opgetree.  

Anton skryf sy eie liedjies en Soms is ook een van sy pennevrugte. Soms, verduidelik hy, is gegrond op emosies wat net in liedjies tot uiting gekom het. 

Soms is ’n persoonlike liedjie wat handel oor die swart tye waardeur hy in sy eie lewe moes worstel. Soms is ook in verskeie opsigte ’n liefdesliedjie. “Dit is ’n liedjie waarna paartjies kan luister en tevrede voel dat hulle saam die storms trotseer het.”

Die titel van die liedjie Soms het ’n denotatiewe en konnotatiewe betekenis: eerstens, dui dit op die letterlike betekenis dat ’n vrou soms nie goed genoeg voel vir ’n man nie en dan ook die omgekeerde. Tweedens, is dit ’n metafoor wat ’n platform skep vir ’n paartjie om hulle gevoelens uit te beeld. 

Anton beskou homself as ’n liefdesliedjieskrywer. “My liedjies handel meestal oor situasies, emosies en omstandighede binne ’n liefdesverhouding. Ek poog altyd om liedjies te skryf wat die positiewe kant van die liefde uitbeeld, en nie die negatiewe nie. Ek glo dat God liefde is, en ek glo ook dat die liefde ’n werklike teenwoordigheid van wie God is.” 

Hy sê die meeste van sy kreatiewe idees word in die vroeë oggendure gebore. “Dit is emosies wat in woorde uitgebring word. Ek sing dit sonder dat ek weet wat die volgende noot of woord gaan wees. Ek neem die rou weergawes op en verwerk dit dan totdat dit reg voel.”  

Anton, wat homself bedags besig hou met navorsing oor kriptovaluta, het bykans ’n dekade gelede sy toetrede tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak.  Verskeie liedjies waaronder die gewilde Bokke Bo, wat goed deur plaaslike radiostasies en luisteraars ontvang is, het uit sy pen verskyn. 

Daar het nog nie ’n vollengte-album uit die Thomas-stal verskyn nie, maar Anton sê hy het genoeg liedjies vir twee albums. “As die tyd reg is, sal daar wel ’n album verskyn,” knipoog hy. 

Anton vertel spottenderwys dat sy musikale rolmodel nog  altyd Elvis Presley was. “Mense het my egter Elvis begin noem. Ek weet hulle het dit as kompliment bedoel, maar ek wil net Anton Thomas wees. Niemand anders nie.” Storm is ’n radiovriendelike luisterliedjie wat by oud en jonk sal byval vind. Anton se stem is diep en ryk en dit is ook waarom hy perfek binne die liefdesliedgenre pas. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.