FOTO: Verskaf
Die uiters talentvolle en gewilde Dozi, het in 2020, sy negentiende album Vrede, vrygestel. Hy het reeds twee enkelsnitte vanaf die album vrygestel, Partykeer Somtyds en Ek wil vir jou sê en nou volg sy derde enkelsnit vanaf hierdie album, Dis Hoekom.
Die liedjie is deur Dozi, Kappie Kapp en Stef Kruger geskryf en is vervaardig deur Dozi, Mauritz Lotz en Tertius Human.
“Die lied gaan oor plekke se name wat verander en die verwarring wat daarmee gepaard gaan. Dit is ’n ligte, humoristiese liedjie wat gaan oor die dinge wat ons almal eintlik kwaad maak, maar die liedjie gooi ’n bietjie lig daarop. Ek dink mense sal aanklank vind en kan deel in die humor omdat dit so van toepassing is op die huidige omstandighede in ons land,” vertel Dozi oor die lied.
“Die rede hoekom ek musiek skryf, is om iets in die wêreld beter te maak. As jy ongelukkig is en jy luister na die regte musiek, dan voel jy beter,” voeg Dozi by.
- Dis Hoekom is beskikbaar op alle digitale platforms.