Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Prophet tel hul seëninge met nuwe musiekvideo

Redaksiespan14 Julie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Om werklik gelukkig te wees in die lewe, moet jy leer om dankbaar en tevrede te wees met wat jy het en dit is presies waaroor Prophet se nuutste enkelsnit, Dankbaar en Tevrede, gaan.

Volgens die duo, wat bestaan uit Koos van der Merwe en Theo Geyser, is dit ’n lekkerluister Afrikaanse folk-treffer oor vergenoegdheid. “Dit help ons om perspektief te behou. Ons is geneig om in moeilike tye net op die negatiewe te fokus, maar daar is nog soveel om voor dankbaar te wees,” deel hulle. 

Die musiekvideo beeld twee mans uit wat saam sit en kaart speel. Hulle is rustig, geniet mekaar se geselskap terdeë en eindig albei die spel met goeie kaarte. Theo was die kreatiewe brein agter dié interessante konsep, wat deur Charl Folscher vervaardig en op ’n plaas in Swellendam verfilm is. 

Dié geestelike treffer, uit Koos se eie pen, volg skaars drie maande na die suksesvolle vrystelling van hulle 

langverwagte album, Die Kolonie, wat uit die staanspoor koning gekraai het op Apple Music se Christelike-treffersparade. 

Dis ’n album wat nie skroom om te sê wat gesê moet word nie en die inhoud wissel tussen ernstige kommentaar op sosiale omstandighede tot vrolike oomblikke van dankbaarheid en liefde. 

Jy Kan Nie Sommer Vir My Sê Nie, die eerste enkelsnit, is baie goed ontvang en die musiekvideo is reeds deur ’n paar duisend mense op YouTube gekyk.  

Prophet skok en inspireer luisteraars al sedert 1982 en is, honderde optredes, 10 CD’s, twee SAMA-benoemings, en 7 ATKV Liertoekennings verder, steeds baie gewild. 

Dankbaar en Tevrede het pragtige lirieke en ’n meesleurende wysie wat in jou kop vassteek lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het… net soos wat Prophet al vir jare lank in die harte van hulle aanhangers voortleef.

Kyk die musiekvideo eksklusief hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.