Wen só tot R5000 met Zybrandt se nuwe musiekvideo ‘Kamoefleer’

FOTO: Verskaf

Zybrandt se tweede Afrikaanse enkelsnit Kamoefleer is op 11 Junie uitgereik. Jeremy Farber van For Tomorrow Productions het die video vir Kamoefleer gemaak. Dit speel af as ’n storieboek-avontuur wat bestaan uit ’n kombinasie van digitale tekeninge, video-materiaal en animasie prentjies. 

Die tekeninge was op ’n iPad gedoen. Elke toneel was verdeel in ’n voorgrond, middel en agtergrond om sodoende te kan werk met verskillende fokuspunte en effekte. Zybrandt se tonele in verskillende uitrustings voor ’n wit muur geskiet. Sy karakter was toe met redigering in die tonele ingesny om dit ’n lekker fotoboek-gevoel te gee.  Die video het drie maande geneem om te maak en dit bestaan uit 19 tonele, 8 uitrustings en meer as 150 illustrasies.

Farber vertel meer oor hoe alles bymekaar gekom het: “Ek het aanvanklik ’n kort opname met idees van prentjies en beelde vir Zybrandt gestuur. Dit was lekker om te hoor dat Zybrandt én ook sy vrou Zonika baie daarvan gehou het. Ek het besef dat ek self die video wil maak en dat dit my ’n hele paar maande sou besig hou. Dit was ’n enorme taak, maar ek hou eintlik baie van hierdie soort uitdaging.”

Zybrandt het die konsep van “Kamoefleer” vir my verduidelik sodat ek as Engels-sprekende, die woorde en betekenis kon verstaan. Elke vers, koor en brug vd lied het hul eie tonele. 

“Dit was nie alles sommer net voor die hand liggend nie. Ons wou byvoorbeeld aanvanklik die onderwater tonele in ’n swembad verfilm, maar dit was nie groot genoeg nie en die water was so koud dat ons dit eerder in studio verfilm het. Ek is bly dit het so uitgewerk want ek dink die eindresultaat van hierdie tonele pas beter by die algehele gevoel van die video.”

Een van die moeilikste dinge om te skep was die deel waar Zybrandt in die kanon inklim. Ons moes die vloei daarvan presies regkry. Op die ou einde was dit so eenvoudig soos om ’n tafel en paar stoele te gebruik.

Zybrandt het ’n groot rol gespeel in die redigering van die video. Terwyl ek met die tekeninge en tonele gewerk het, het hy gehelp om van die finale beelde te verfyn. Ons het slegs elke tweede raampie gebruik wat ons geskiet het. Ons het die raampies noukeurig uitgesny wat baie tydrowend was, maar hierdie proses was nodig om die video ’n stop-aksie, plakboek gevoel te gee.

Ons het ook ’n hele paar ekstra elemente in die video ingewerk – vir die pret! En vandaar ook die idee om ’n skattejag te hou. Dit was alles ’n baie bevredigende proses. Dit is sowaar die hardste wat ek nog aan ’n musiekvideo gewerk het. Ons hoop mense gaan van die video en die humor daaragter hou!

Kyk die musiekvideo hier:

KAMOEFLEER SKATTEJAG KOMPETISIE

  • Wen R5000 asook R200 daagliks! 
  • Volg vanaf Maandag, 5 Julie tot Vrydag, 9 Julie die leidrade en staan ’n kans om daagliks R200 te wen.
  • Skryf dan tussen Maandag, 9 en Donderdag, 15 Julie in vir die groot prys! Vir meer inligting oor hoe om in te skryf klik hier.