Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Martin Bester se nuwe enkelsnit ‘Lilly’ vier studenteliefde

Redaksiespan3 Julie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die gewilde radio- en televisiepersoonlikheid, Martin Bester, het onlangs by Coleske Artists aangesluit en sy eerste enklsnit Lilly, onder dié platemaatskappy, het ook onlangs die lig gesien.

Lilly vertel die storie van twee studente in Stellenbosch, wat af-en-toe gaan kuier in die Kaap, se liefde. “Ek en Pierre Rossouw het die liedjie geskryf, en ons gaan beslis weer só maak,” vertel Martin.

“Die storie het baie maklik gekom. Ek dink ons is in ’n tyd waar mense baie sentimenteel is en dis maar net ’n goed voel storie van liefde wat teen al die odds nog sterk bly. Ek het dadelik van die idee gehou. En die idees van Pierre se kant af saam met my idees het dadelik bymekaar gekom.”

Martin sê dat dié enkelsnit een van sy bestes nóg is… “Die musiekvideo boer in die topvyf op Apple Music en talle radiostasies speel die liedjie.” 

“As jy jouself met my musiek kan vereenselwig, is dit ’n goeie ding. Dis natuurlik lekker as mense saamsing by ’n show… en dis die ding met Lilly. Selfs al hoor jy dit vir die eerste keer by die shows, sing jy saam by die tweede koor. Dis ’n maklike, lekker-luister, goedvoel tune.”

Die musiekvideo is ook opgeneem in Stellenbosch en vertel nes die enkelsnit ’n storie van studenteliefde. 

Kyk die musiekvideo hier:

Martin is een van die bekendste radiopersoonlikhede in die land en kan soggens as ankeraanbieder van Jacaranda FM se ontbytprogram Breakfast with Martin Bester gehoor word. Verder was hy al in rolprente soos Pretville, Vrou Soek Boer en Sonskyn Beperk te sien. 

Hy het ook naam gemaak as aanbieder van die maatsoekprogram Wie’s my Liefie op Via (DStv-kanaal 147) en was deel van die groep Kinky Robot, waarvan hy die hoofsanger was. Sy solo-album, Vir Die Eerste Keer, is in 2016 uitgereik en van die staanspoor goed ontvang deur die publiek. 

  • Lilly is nou op digitale musiekplatforms soos Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.