FOTO: Verskaf
In 2020 het Ruan Josh sukses behaal met sy weergawe van Urban Rescue se Provider met meer as 800 000 luisterbeurte. Toe doen jy dit weer met Vince Gill se Go Rest High on that mountain…
Alhoewel die hele wêreld in ’n tyd van verlies gewoond moes raak aan die nuwe normaal as gevolg van Covid-19, bewys Ruan die teendeel met sy nuwe enkelsnit Verlore. Dit is sy eerste kommersiële liedjie in drie jaar wat hy vrystel en kom uit sy eie pen in samewerking met sus Franja. In die tyd wat die musiekbedryf ongelooflik swaar trek, kry Ruan dit reg om aan te hou vorentoe beur met nuwe musiek en ’n vars aanslag en kan hy nie wag om dit vir mense op te voer nie.
Verlore is ’n liefdesliedjie, maar ook ’n sleutel tot die besef dat daar steeds ‘bodemlose liefde’ en hoop is vir ons toekoms as ons liewer verlore sal raak in positiwiteit, in dankbaarheid, in opregtheid en in omgee vir ons naaste – ons gaan verliese in getuienisse kan toevou en vermoeidheid kan omdraai in herlewing.
Al voel dit soms of jy net al dieper wegsink in jou vrese en probleme (soos die aktrise in die musiekvideo), is daar altyd hoop en ’n uitkoms – hoe langer ons vashou – hoe stywer het Hy ons! Wees jy vandag die hand wat uitreik na iemand wat iets verloor het en kry self daardeur genesing.
- Verlore is nou op digitale musiekplatforms beskikbaar.
Kyk die musiekvideo hier: