Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Gewilde radio-omroeper, liedjieskrywer snoer kragte vir treffende snit

Redaksiespan15 Junie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Mathaba Khalanyane

Wie sou nou ooit kon droom dat die gewilde aanbieder en platejoggie, Mack Rapapali en die talentvolle sanger, musikant en liedjieskrywer, Christiaan Baartman sou kragte saamsnoer en daarmee saam ’n treffende enkelsnit getiteld, ’n Vriend Soos Jy vrystel!?  Wel, dit is presies wat nou gebeur en hier is dit nou!

Christiaan en Mack het by ’n onderhoud ontmoet en hulle het dadelik baie goed oor die weg gekom. ’n Kort ruk daarna het hulle mekaar weer raakgeloop by ‘n kuier saam met gemeenskaplike vriende.

“Ek het dadelik gesê hoe lekker dit vir my was om Mack se vriendin ook te ontmoet en hoe skaars ware vriende is. Net daar het ek die inspirasie vir die liedjie gekry en sommer die lirieke in die badkamer geskyf en die liedjie vir Mack gespeel. Ons het net daar besluit om die lied saam op te neem. Dit voel of ek vir Mack al jare ken – van sy werksetiek tot sy hart vir mense – als waarna ek ook streef,” voeg Christiaan by.

“Ek en Christiaan het ’n baie sterk konneksie. Ons is soos Brannas en Coke,” skerts Mack. “Een van die snaakste ervarings was met die opname van die liedjie, moes ek met ’n pennetjie op my neus sing. Vir ’n minuut lank het ek soos ’n Chipmunk geklink, maar dit het my baie gehelp om my ware stem uit te bring.”

Christiaan het self die lied geskryf en die klankversorging is deur Sean Manley behartig.

“Ons almal het daardie een mens/vriend in jou lewe wat jou van binne en buite ken, al jou sterk- en swakpunte. Die eerste persoon wat jy bel wanneer jy in die moeilikheid is en die eerste persoon wat jy bel om goeie nuus mee te deel. Dìt, is ’n Vriend Soos Jy,”  vertel Christiaan.

“Soms word ons vasgevang in toksiese vriendskappe, waar die een meer vat as wat hy gee. Vriendskappe waar beide partye werklik vir jou die beste gun, is skaars. Dis tyd om vals mense te laat gaan en om meer plek vir opregte mense in jou lewe te gee,” voeg Mack by.

Christiaan en Mack verseker luisteraars en aanhangers dat hierdie slegs die begin is vir hierdie twee goeie vriende en kameraadskap en dat daar nog baie in die pyplyn is.

  • ’n Vriend Soos Jy  is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar. Laai dit hier af. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.