30 Blitsvrae vir Jacques du Plessis

FOTO: Verskaf

Jacques du Plessis het onlangs musiekstroomdienste op horings geneem met sy enkelsnitte My Fok en Dit Is Mal. Ons het dié sanger beter leer ken met 30 blitsvrae… 

Beskryf jouself in drie woorde.

Lojaal, eerlik, dromer.

Wat krap jou vinnig om?

Manupilasie.

Wat maak jou gelukkig?

Beslis duik en om saam met mense te wees wat ek lief het.

Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis?

Enige eiland of iets naby die see waar ek kan duik.

Gunsteling fliek?

Orkney Snork Nie: die movie.

Gunsteling TV-reeks?

Eks nie seker nie… 

Gunsteling drankie?

Tequila.

Gunsteling kleur?

Groen.

Gunsteling kos?

Sushi/seekos.

Gunsteling musiek?

Ek hou van alle musiek.

Wat wou jy word toe jy klein was?

’n Roomys verkoper, een met ’n kombi en daai irriterende deuntjie wat heeltyd weergalm.

Hoe ontspan jy?

Duik/visvang en kuier saam my vriende en familie.

Wat is die eending waarsonder jy nie kan lewe nie?

My bybel.

Saam wie sal jy eendag op ’n eiland gestrand wil wees?

Verseker ’n mooi vroulike weergawe van Bear Grills, dan hoef ek oor niks bekommerd te wees nie.

Wat is die beste geskenk wat jy al gekry het?

Kan eerlikwaar nie sê nie, ek’s nie baie sentimenteel oor goed nie.

Wat is die slimste besluit wat jy al gemaak het?

Om nooit op te hou doen waarin ek glo nie.

Wat is die beste raad wat jy al gekry het?

As ek al die raad moet neerskryf wat ek al gekry het sal ons ’n nuwe reeks boeke moet print. Ek kan nie een uitsonder nie.

CD wat tans in jou motor speel?

My foon op shuffle.

Watter boek lees jy tans?

Dink soos ’n miljadêr deur Daniel Strauss.

Gunsteling emoji?

🙃

Honde of katte?

Albei.

Facebook of Instagram?

Instagram.

Koffie of tee?

Koffie.

Whatsapp of bel?

Bel en ek haat ’n Whatsapp video call.

Apple of Android?

Apple

Vertel ons ’n interesante feit oor jouself?

Ek’s eintlik ’n introvert.

Wat is jou slegste gewoonte?

Uber eats bestel laat in die aande, of garage pies na ’n kuier.

Oggendmens of naguil?

Beslis ’n naguil.

As jy enigeen kon ontmoet (lewendig of dood), wie sou dit wees?

Koning Dawid.

Drie mense saam met wie jy eendag om ’n etenstafel wil sit?

Zac Brown, Lewis Capaldi, Kip Moore.