Devan gee ‘een goeie rede’ om na sy nuwe snit te luister

FOTO: Verskaf

Na Devan se vrystelling van sy debuut-enkelsnit, Seisoene, is hy reeds terug met sy volgende enkelsnit Een Goeie Rede.

Die misterieuse outjie uit Bloemfontein sit weer ’n nuwe spin op wat gebeur wanneer jy en jou beter helfte bietjie vassit. Dus vra hy vir net een goeie rede hoekom mens nie maar net kan ophou baklei nie. 

Meeste mense wat al in ’n verhouding was en is sal kan vereenselwig met daai gevoel wat jy kry as die gestryery al so vêr gekom het – jy weet nie eintlik eers meer waaroor dit begin het nie.

Dis daar waar jy weer vir ’n rede soek om op te hou baklei. Met ’n retro moderne klank bring Devan beslis iets opwindend na die tafel toe as hy die energie krane bietjie oopdraai met Een Goeie Rede.