Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Enya-M maak naam met ’n voetstamplekker sokkietreffer

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Dit vat ’n spesiale kombinasie van talent en uithouvermoë vir ’n kunstenaar om uit te staan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf – en gelukkig het die opkomende ster, Enya-M, genoeg van beide om vir haar ’n blink toekoms te verseker.

Hierdie jong musikant se eerste enkelsnit, Shut Up En Soen My Nou, is pas vrygestel en gaan binnekort ’n gunsteling wees op elke Afrikaanse en dansmusiekspeellys. 

Shut Up En Soen My Nou lê die sangeres na aan die hart – nie net omdat dit haar eerste vrystelling is nie, maar ook omdat dit jare terug deur haar ma – Nini Schlechter – geskryf is toe sy deel was van die duo, Sassi. “My ma het die liedjie geskryf toe sy nog deel was van Sassi, maar hulle het dit nooit vrygestel nie,” verduidelik sy. “Ons het besluit om vir dit ’n nuwe baadjie aan te trek en ’n lekker sokkietreffer daarvan te maak.”

Die enkelsnit self het egter niks te doen met die gebeure wat gelei het tot die ontstaan daarvan nie. Dit gaan oor die aantrekkingskrag tussen ’n meisie en ’n ou en die gevoelens wat hy in haar wakker maak. “Sy het sterk gevoelens vir hom en voel dat woorde soms oorbodig is en dat sy net wil hê dat hy haar moet soen,” deel die sangeres.

“Ek dink jongmense gaan baie van die liedjie hou, omdat hulle daarmee sal kan identifiseer. Wat is immers lekkerder as om jonk en verlief te wees,” sê sy. “Almal geniet ook ’n lekker dansnommertjie en hierdie liedjie laat ’n mens jonk en sorgvry voel.” Hierdie oorspronklike popsnit is ’n lekkerte vir die oor en het een van daardie wysies wat jou uitnooi om saam te sing. 

Kyk die musiekvideo eksklusief hier: 

Volgens dié veelsydige ster, is hierdie fase van haar loopbaan ’n groot hoogtepunt. “My musiekloopbaan het per ongeluk afgeskop toe ek en my ma in 2018 uitgenooi is om in New York aan ’n model- en talentkompetisie deel te neem. Alhoewel ek net modelwerk sou doen, het ek ook in die sangafdeling ingeskryf en vierde plek behaal,” sê sy. “Ek hoop dat my eerste enkelsnit goed ontvang sal word en ek beplan ook om in die toekoms Engelse liedjies op te neem.”

Dit beteken egter nie dat sy geen ervaring het nie. “Musiek was altyd deel van ons huis. My oupa het elke oggend klavier gespeel en gesing. My ma en haar sussie was ook in die musiekbedryf, so ek het groot geword met musiek in my lewe,” vertel Enya-M.

Die donkerkop se eerste verskyning op die verhoog, was in 2012 toe sy nege was. Dit was egter eers nadat sy New York toe is wat sy besef het dat sy graag ’n loopbaan daarvan sou wou maak. “My ma is ook betrokke by die ontwikkeling van jong musikante en ek was bevoorreg om saam met van hulle deel te neem aan ’n produksie wat sy saam met Vicky Sampson en Gabie Le Roux in die Artscape teater gedoen het. Dit was nog een van die groot hoogtepunte van my loopbaan sover.”

Enya-M beskryf haar stem en styl as uniek en sy bewonder kunstenaars soos

Demi Lee Moore, Adele en Kurt Darren. “Ek het ’n wye musieksmaak en hou van iemand met ’n mooi stem en mooi musiek. Ek self skryf baie oor my gevoelens en voel dat musiek my manier is om uiting te gee daaraan,” sê sy.

Alhoewel sy reeds baie geleer het, erken sy dat dit nog net die begin is. “Die musiekbedryf het my reeds geleer dat dit belangrik is om te wees wie jy is, jou eie styl te ontwikkel, en niemand te probeer naboots nie,” meen die ster.

As sy enige ander werk moes kies, sou sy graag met kinders wou werk. Sy oorweeg dit ook om ’n liefdadigheidsprojek te begin om minderbevoorregte gesinne se lewens makliker te maak en ander mense te help.

Enya-M werk tans daaraan om haar naam te vestig en haarself voor te stel aan die publiek. Met die vrystelling van Shut Up En Soen My Nou, behoort sy kort-voor-lank die naam op almal se lippe te wees. Die liedjie is treffend, maar tog ook eenvoudig, en getuig van die genot wat sy ervaar het om daaraan te werk. As dit enige aanduiding is van wat sy vir die toekoms beplan, gaan die pad vorentoe vir haar groot sukses inhou.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.