FOTO: Verskaf
Daar is vleis gewys, mielies gegooi en boer gebly, maar eending is seker: daar is geen keer aan die Janne wat ’n miljoen kykbeurte wegslaan keer-op-keer.
Maar vir nou is alle grappies op ’n stokkie terwyl die manne ernstig raak. Om trots te wees op jou taal en jou kultuur en selfs jou land, kan soms in hierdie hedendaagse wêreld ’n bietjie uitdagend wees en met hul nuwe enkelsnit, Die RSA in my DNA, stel hul aanhangers gerus.
Dit vertel ’n storie van ’n volk wat al vir eeue lank aan die Suidepunt van Afrika saai en bou met moed en vertroue soos hulle al deur vuur en oorloë geteister is, maar nie gebreek kan word nie! Want met ’n stam so taai soos die van die waboom en hulle oë na bo, vol geloof sal hulle bly voortbou in hierdie land wat hulle lief het.
Selfs al word daar gesê dat hul herkoms vêr Noord van hier af lê, weet hulle dat hierdie land nou deel is van hulle DNA en dat hulle dit sal beskerm met alles binne hulle vermoë.
Kyk die musiekvideo hier:
- Die RSA in my DNA is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.