Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

SAARKIE sing oor hul ervaring op die Oranje Rivier

Redaksiespan28 April 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Willem Foster

Die gewilde en talentvolle rock-groep, SAARKIE, se nuwe treffer, River Blues, volg in die suksesvolle voetspore van hulle vorige vrystellings, Suidwes-Afrika, Vir Altyd en Langpad, wat vir weke op die trefferparades gepronk het.

Mjön van Blommestein, lid van die groep, het hierdie liedjie geskryf oor die Oranje Rivier, wat ’n dubbel-betekenis het oor roei, maar ook die lewe. Die meisies het in Desember 2018 na ’n maandlange toer in die Kaap, die Oranje Rivier gaan roei op die grens van Namibië. 

“Die liedjie gaan oor die hindernisse wat in die lewe oor jou pad kom en jy weet nooit regtig waarheen jy op pad is nie, maar jy het ’n idee en ’n visie waarheen jy moet gaan. Jy vertrou dit is mooi aan die ander kant of dat jou moeite en harde werk die sout werd gaan wees,” vertel Mjön.

“Ons het die 5-dag roei opsie gekies en het langs die rivier geslaap vir 4 nagte. Dit was ongelooflik warm en elke oggend omtrent 05:00 begin met ontbyt en 06:00 was ons op die water. Ons het in totaal 50km geroei. Ons het ongelooflike mense ontmoet en in die aande om die kampvuur gesit en gesels en gesing. Dit was ’n belewenis. Die eerste 2 dae het ons baie wind van vooraf gekry en ons het nogal gesukkel en hard gewerk om iewers uit te kom.  Ons het geen idee gehad waarnatoe ons roei nie en hoe lank ons elke dag gaan roei nie. Ons het net geweet ons moet roei en ons moet onsself geniet in die proses,” voeg sy by.

’n Musiekvideo van River Blues wat deur Mjön (Girl With Hat Productions) vervaardig is, is ook saam met die liedjie uitgereik. Mjön vertel dat die video bestaan uit foto’s en video’s van hulle ervarings op die Oranje Rivier. Herinneringe, die wonderlike mense wat hulle ontmoet het, plaaslik en internasionaal.

Kyk die musiekvideo hier: 

“Almal het mense nodig in die lewe wat jou help roei of ondersteun, of dit jou ouers, jou diere, vriende of lewensmaat is. Die lewe gaan soms soos ’n opdraande pad voel, maar wanneer jy aan die anderkant aankom, was dit tòg die moeite werd. So hou moed, want jy sal nooit ’n roete gegee word wat jy nie kan aanpak nie,” sluit sy af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.