Kurt Darren gooi ‘’n dubbel vir die DJ’ met nuwe liedjie

FOTO: Verskaf

As daar iemand is wat oor die jare weet hoe om ’n partytjie aan die gang te kry en te hou is dit Kurt Darren. 

Gedurende Desember het almal ’n blaaskans gevat, maar nou is ons goed in die nuwe jaar in en Kurt is gereed vir dans. 

Hy het wel ook gou besef dat jy nie ’n partytjie aan die gang kan kry sonder ’n goeie DJ nie. “Ons almal was al by daardie dans waar jy net die DJ se hand wil skud oor die liedjie keuses wat jou op die dansvloer hou,” verduidelik Kurt. 

“Vir dáárdie DJ gooi jy ’n dubbel,” sê Kurt.

En dit is presies dit wat hy doen is sy nuwe enkelsnit ’n Dubbel vir die DJ.

Met ’n hele paar “mentions” van bekende en geliefkoosde treffers gaan hierdie Kurt-treffer beslis nie teleurstel. En boonop sing hy dit saam met Snotkop. 

  • ’n Dubbel vir die DJ is nou op digitale musiekplatforms.