Dis tyd vir ‘lit-skud’ saam met Ruiter Piet, Jack Parow

FOTO: Verskaf

Lit-Skud is Ruiter Piet en die Partytjie se manier om hierdie land en sy ongelooflike harde, sterk, lojale, liefdevolle en pragtige mense te bedank. 

Dat ons Suid-Afrika met sy vrugbare grond, diere en gasvryheid, ons huis kan noem. In hierdie lied span hulle kragte met een van ons land se beste kletsrymers: Jack Parow.

Lit-Skud is Ruiter Piet se nuutste enkelsnit vanaf sy opkomende debuut album: Vrydae Aande, Maandae Oggende wat nou oop is vir voorafbestellings op Apple Music. 

Luister die liedjie hier: