Jo Black, Refentse ‘rig hul oë na die berge’ met nuwe duet!

FOTO: Yolandi (Loci Photography)

Met Jo Black en Refentse se duet Rig jou oë na die berge wil dié twee sangers hoop in die moeilike tyd skep. 

Dié liedjie is pas op digitale musiekdienste vrygestel.

“Ons is tans in ’n inperking en ons as musikante kan niks doen op die oomblik nie. Die gesprek van ‘rig jou oë op na die berge, want dis waar ons hulp vandaan kom’.”

Jo en Refentse is goeie vriende en het goed saamgewerk aan die liedjie. Jo sê dat die liedjie altwee se genres verteenwoordig. 

“Mag ons liedjie lewens verander, mag ons liedjie ’n impak hê. ’n Lied wat nie net geskryf is oor mooi woorde nie, ’n lied wat diep slaan,” vertel Jo in ’n Facebook-video. 

Luister na ’n voorskou hier: 

Jo, Refentse, Appel, Danny Smoke en Jacques Mouton het die liedjie geskryf en is vervaardig deur Precision Music in samewerking met Coleske Artists. 

’n Musiekvideo vir die liedjie word later vrygestel.