Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

RVN se nuwe enkelsnit Intieme Vuur onlangs vrygestel!

Redaksiespan8 April 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Ruan van Niekerk, wat as RVN bekend staan, se jongste enkelsnit Intieme Vuur is pas bekendgestel en met dié liedjie bewys die mynopmeter van Middelburg in Mpumalanga dat hy nie net kragtigte melodieë kan skep nie, maar ook meesleurende lirieke kan skryf.

RVN se vorige enkelsnitte waaronder Lewe nie van ander, Wapen in jou hand en Waar gaan ons van hier is goed deur plaaslike radiostasies en die publiek ontvang. Hy het hom reeds met die liedjies as ’n Afrikaanse alternatiewe rocksanger gevestig en met Intieme Vuur skroom hy nie om met die beste in die alternatiewe musiekbeweging mee te ding nie. 

Met die eerste leesopslag van die liedjie se titel kan ’n mens maklik glo dat dit net nog ’n  liefdesballade is; inteendeel, dit handel oor alles behalwe romantiese liefde. Die liedjie 

is amper-patrioties en spreek van ’n sterk gevoelsliefde; liefde vir jou naaste en liefde vir jouself; vir die land en die mense wat daarin woon. ’n Gevoel wat sterk in die koorgedeelte verwoord word:  …“wees ’n vuur in die donker, wees ’n held wat na vore kom, wees ’n intieme vuur wat die verwoesting weer gaan bring…”   ‘n Liedjie wat eintlik ook mense kan inspireer om in die Covid-19- en misdaadvoos land as helde op te staan en ’n lig en vuur vir ander te wees. 

Oor Intieme Vuur sê hy: “Ek wil graag mense motiveer om nooit op te gee nie; om ’n lig en terselfdertyd ook ’n vuur te wees vir mense wat voel dat hulle nie meer in die samelewing kan oorleef nie. Jou aksies kan mense ophef of afbreek; jou aksies kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Met die liedjie wil ek aan luisteraars sê dat ’n mens net sterker kan raak deur die pyn van jou verlede en dat dáárdie dinge van jou ’n held kan maak.”

RVN is in Belfast in Mpumalanga gebore en het op 1 April vanjaar sy 24ste verjaarsdag gevier. Hy is op gekkedag gebore en hy was gereeld in sy vriende se visier, maar gelukkig is sy liefde vir musiek nie ’n gekkedaggrappie nie.  “Ek het nog altyd gesing, maar het eers op veertienjarige ouderdom begin kitaar speel,” vertel hy. Na hy gematrikuleer het, het hy by ‘n myn as mynopmeter begin werk en het kort daarna ook ‘n kwalifikasie daarin voltooi.  

RVN het ’n heerlike gruisstem en dit herinner nogal aan die growwe myngrond waarmee hy daagliks werk. Hy is ook ’n sanger wat nooit gaan ophou droom nie – “dit is tog waaroor Intieme Vuur ook handel; om nooit jou drome op te gee nie,” sê hy. En hy hoop dat hy ook eendag sy talent op van die land se grootste verhoë ten toon kan stel. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.