André Schwartz maak sy plaas oop vir aanhangers

FOTO: Verskaf

André Schwartz deel graag foto’s op sosiale media van sy plaas in the Wieg van die  Mensdom, veral van sy geliefde dierekinders. En nou het hy besluit om vir die eerste keer sy  plaas oop te maak vir die publiek om die pragtige natuurskoon saam met hom te geniet! 

Op Vrydag, 2 April gaan André en Leah konsert hou op sy plaas met hulle produksie – West  End tot Weskoppies. Saam vertolk hulle van die mees bekendste musiekblyspele van alle  tye se grootste treffers asook van hulle eie gewilde pop en kontemporêre liedjies. Heerlike  gesinskuier met die asemrowende koppie in die agtergrond om by te dra tot die gesellige  atmosfeer. 

“Ek is baie lief vir die plaaslewe en hou ook daarvan om mense na my plaas toe te nooi”,  vertel André. “Op hierdie dag kombineer ek my groot liefdes – my plaas, diere en musiek. En  saam met Leah wil ons die dag ook met aanhangers deel”. 

Om alles te top sluit die kaartjieprys ’n sappige skaap-spitbraai in asook bykosse om aan te  smul! Daar is ook ’n verskeidenheid drinkgoed te koop sowel as iets om die soettand te  bevredig.  

Die opwindende middagvertoning vind plaas op André se grasperk so maak seker jy bring ’n  kombers, sonhoed en genoeg sonskerm!  

Leah is net so opgewonde om op die plaas te kom kuier en die gaste te vermaak. “Toe ek en  André hierdie produksie beplan het, het ek sommer nostalgies geraak oor al die wonderlike  oomblikke wat musiekblyspele al gelewer het. Dit plaas mens sommer in ’n ander wêreld en  laat jou so bietjie vergeet van tyd. En ek self is ’n groot diereliefhebber en sien baie uit om al  die diere te sien”. 

Gaste kan daarna uitsien om vir Neelsie, die potbelly varkie en nuutste aanwins tot die  Schwartz-familie te ontmoet asook André se aangenome hondekinders Lucia (sy drie-been  Bokser), Trudi en Molly. Hoenders is ook volop en pragtige rescue perde Darling, Miracle en  Gorgeous is daar om te deel in die pret en plesier. 

Ongelukkig kan gaste nie hulle eie piekniekmandjie met eet- en drinkgoed saambring nie – tensy dit gevul is met wortels vir die perde en waatlemoen vir klein varkie. Hekke maak 13:00 oop met die vertoning wat om 15:30 begin – so daar is meer as genoeg  tyd om die plaas en interessante diere op die spesiale vakansiedag te geniet! 

Kry jou kaartjies by Quicket. Klik hier om te bespreek.