Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Neil Nachtrein neem jou ‘saam op reis’; kom jy saam?

Redaksiespan24 Maart 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Neil is ’n sanger en liedjieskrywer uit die hartjie van die Vrystaat. Elkeen het sy eie storie waar hy begin het, maar Neil sin was regtig aan die onderste spar van die leer na sukses. Hy het in 2003 begin deur ‘open mic’ aande in London te doen. 2006 begin hy sy eie musiek skryf en keer terug na sy vaderland waar hy eers plaaslik in Bloemfontein opgetree het waar daar ’n geleentheid was. In 2012 reik hy sy eerste album, ‘Gisters & Blisters’ uit en sedertdien tree saam op as lid van Blomtrein (met sy sangmaat, Jan Blohm).

Na 3 jaar van Blomtrein ry, besluit Neil om op ’n ander stasie af te klim en sy eie trein se stoom aan te vuur. Die grootste deel van sy vertonings is oorspronklike, alternatiewe Afrikaanse musiek met ’n sterk “folk-roots” aanslag. Sy verhoogpersoonlikheid is gesellig, lig en komies. Maar tussen woorde en stiltes, word hy intiem met elkeen in die gehoor. Dis so asof jy voel jy ken hom persoonlik wanneer jy daar uitstap. 

Sy nuwe album is gepak met oorspronklike musiek en kyk jy na die titels, kan die nuuskierigheid jou nie inhou om dadelik te begin luister nie. Titels soos “Pelgrim, Stilste uur, Weet jy nie? (wat besig is om ’n groot treffer te word), Op plekke waar ons eens was, 1998” en nog vele meer. Dis alles tema’s, woorde en ervaring uit Neil se pen wat jou tot diep in hierdie man se siel sal laat sien. Hy trek jou in, of jy dit wil voel of nie. Jy word deel van Neil Nachtrein…

Hy persoonlik glo daar moet ’n gevoel van jouself in jou musiek wees. Al skryf jy ‘narrative’ oor iets anders of iemand anders; of wat jy gesien of observeer het, moet daar ’n stukkie van jouself uitgetrek word om dit te kan voel en weergee. In sy eie woorde sê hy: “Ek dink daar’s ’n verskil tussen invloede en inspirasie. Dit wat ons luister en dit wat ons lees – dis alles invloede. Inspirasie kom uit die werklikheid uit. Partykeer is dit net iemand wat jy sien sit by homself of ’n paartjie wat saam onder ’n sambreeltjie stap.”

Luister na Neil en jou hart gaan die shant hoor en jy gaan wil saam reis na nuwe bestemmings. nuwe stasies. Selfs al is dit na binne. Neil Nachtrein is dié nuwe naam op almal se lippe wat van so bietjie meer alternatiewe musiek hou. 

Hou vas jou hart; Neil gaan jou saamvat op reis.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.