Deon Groot maak ‘los’ met nóg ’n danstreffer

FOTO: Willem Botha

Ná die sukses van sy enkelsnit Wyn het Deon Groot waarde tot die kuiermark gebring. Nou maak hy weer só met sy nuwe enkelsnit Los. Dié liedjie beloof om jou van kop-tot-tone lekker te laat kry en lus te maak vir dans. 

Met hierdie snit gaan hy verseker die mark oorompel met ’n klank wat vars is. 

Deon het die musiekmark gestormloop met sy unieke styl en in hierdie liedjie maak hy juis staat daarop. Dis ’n liedjie vir elke fees en kuier geleentheid. Met ’n sterk “bluegrass” ondertoon en natuurlike klanke van Afrikaanse rock/pop wat dit omhels. Uniek en sterk! 

Luister na ’n voorskou hier:

Los vertel die storie van twee mense wat los is van alles en net ‘’n aand wil uitgaan en dit geniet – sonder om te veel oor môre te bekommer.  Deon voel dat die mark nes Wyn sal skok.  

  • Die liedjie is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.