Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Julanie J gesels nuwe musiek, romanse en toekomsplanne met ons!

Redaksiespan11 Maart 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Willem Botha

Ons het met die pragtige Julanie J gaan gesels oor haar nuwe enkelsnit en musiekvideo Arm, haar verhouding met haar man JP en haar grootste drome. 

Hoe was jou jaar sover? Waarmee is jy alles besig?

2021 is sover vir my goed ek is dankbaar dat ons nou weer mag optree en hopelik kan ek baie van dit binnekort doen! 

Jou nuutste enkelsnit Arm speel tans op baie radiostasies. Hoe voel dit om jou musiek op die radio te hoor?

Dis ’n vreemde gevoel, eers voel mens skaam en daarna raak jy bietjie opgewonde en dan begin jy soms ook al jou foute hoor.

Vertel ons van die liedjie. Jy het dit vir jou man geskryf?

Ek het Arm in 2018 geskryf vir JP en dit praat oor die verskille tussen ons twee, want glo my… daar is baie! 

Jou man, JP, speel saam met jou in die musiekvideo. Vertel ons meer van julle dag op stel?

Dit was baie pret, dit was nie die eerste keer wat ons saam werk nie, maar wel die eerste keer saam op ’n videostel en ek dink hy weet nou dat ek nie lieg as ek sê kamerawerk is harde werk nie. 

Hoe het jy en JP ontmoet en watter raad het julle vir jong getroude paartjies?

Ons het ontmoet by ’n event waar hy klank gedoen het en ek gesing het. Ek dink nie dat een van ons gekwalifiseerd is vir advies gee nie, maar van eie ervaring sou ek sê dat dit belangrik is om altyd eerlik te wees oor hoe jy voel. Mens neem soms aan die ander een weet presies wat in jou kop aan gaan en dis amper nooit die geval. 

Watter stokperdjies het jy en wat doen julle alles saam?

Ons is mal daaroor om in die kar te klim en te “roadtrip” al is dit net vir die dag. Sonder om altyd te weet waar ons gaan opeindig. PS: Ek is stout vir ’n lekker padstal! 

Vertel ons iets van jou wat min mense weet?

Ek het lysies vir my lysies… Jip! 

Jou vollengte album Mooi! was in 2020 deur Warner Music SA uitgereik. Wat was die uitdagings om ’n album uit te reik in 2020?

Sjoe om ’n album in lockdown vry te stel het baie uitdagings een van die groot dinge is mens kan hom nie toer of optree nie. Ek wil graag hom bietjie vir ’n gehoor speel! 

Wat het jou laat fokus om verlede jaar deur te druk?

Mense! Ek verstom my aan hoe sekere mense net ooit opgee nie, nie ophou droom of glo nie. Dit maak dat jy jou sokkies wil optrek en beter wil wees, mense is my konstante inspirasie. 

Watter ander SA kunstenaars inspireer jou?

Elvis Blue! 

Wat is jou visie vir jou musiekloopbaan vorentoe?

Ek droom groot so my lys is vreeslik lank, maar ek wil net nooit ophou musiek maak nie en eendag as ek groot is wil ek in Madison square garden sing.  

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.