FOTO: Nathan Smith
In 2020 het die uiters talentvolle sanger, Christiaan Baartman, twee enkelsnitte, naamlik My Vrou en Die Beste Deel, vrygestel. Beide hierdie liedjies is uiters goed deur radiostasies ontvang en pronk steeds landwyd op verskeie trefferparades. Nou volg dié liedjieskrywer dit op met sy volgende enkelsnit, Voor Die Kerk, ’n buitengewone liefdesverhaal vir daardie spesiale persoon in jou lewe.
Christiaan Baartman is die seun van ’n dominee en in sy jeug was daar ’n kêrel wat by sy suster kom aanklop het met sy Honda motorfiets. “My pa was natuurlik nie baie beïndruk met die knaap wat so met ’n 250 cc geraasmaker in die aande voor sy deur stop nie. Eintlik was dit op die einde ’n baie aangename knaap wat net in iets belanggestel het wat nie in die norm van die kerklewe geval het nie. En dít, was die inspirasie vir hierdie liefdeslied,” vertel Christiaan.
Die lied is in ’n “pop folk” styl vervaardig deur die talentvolle Jattie de Beer van Artistry Poductions en gemaak om mense se voete te laat jeuk. Sean Manley van Manley Studios was verantwoordelik vir die finale klankversorging.
Christiaan het teruggedink aan ’n buitegewone liefdesverhaal in ’n eenvoudiger tyd… en hom neergepen. Dít, is Voor Die Kerk.Die liedjie is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar. Laai dit hier af.