Liezel Pieters gesels nuwe enkelsnit, video en Coleske Artists

FOTO: Willem Botha

“Dis ’n great gevoel en die span is amazing en op die bol met bemarking en dis lekker om saam met so ’n great span te werk,” vertel ’n opgewonde Liezel Pieters. 

Liezel het onlangs aangesluit by Coleske Artists en haar heel eerste enkelsnit onder dié platemaatskappy is einde Februarie ook bekendgestel.

Plus Minus Maal Deel kom uit die pen van die begaafde liedjieskrywer Johan Oberholzer. “Dis ’n pragtige song en laat my meer en meer in die liefde glo.” 

Liezel meen dat die liedjie haar herinner aan ’n gesprek met haar Skepper en hoe Hy sê hoe lief Hy haar het. “Moet nooit ophou glo aan die liefde nie,” maan sy. 

Die musiekvideo vir die liedjie is vandag, 5 Maart vrygestel en regie is behartig deur Christiaan Wolf van Brickwolf Productions. 

Kyk die musiekvideo hier:

En as Plus Minus Maal Deel ’n aanduiding is van wat voorlê kan ons nie wag nie. “Ons is juis besig met nog liedjies. Ek sien vreeslik uit.”