Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters sing vir die ‘Vrou’

FOTO: Verskaf

Die sangres en besigheidsvrou, Irene-Louise van Wyk, het onlangs kragte gesnoer met Liezel Pieters vir “woman empowering”. 

Dié twee vroulike kunstenaars het hul stemme dik gemaak met ’n nuwe enkelsnit getiteld Vrou

“Dit behoort alles te beteken vir die vrou wat dit moet,” vetel Irene-Louise. 

Irene-Louise meen die boodskap is sterk en hoop die snit word ’n kreet vir die skonergeslag. 

Irene-Louise van Wyk is die dogter van wyle Irene en die musiekagent Louis van Wyk. 

  • Vrou is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar.