Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Beeskraal se nuwe enkelsnit is een met ‘gas’

Redaksiespan3 Maart 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

“Dit is ’n enkelsnit met gas.”

So beskryf Charles Smidt, voorsanger en stigterslid van die boerepunk-rockgroep Beeskraal, hul nuutste enkelsnit Storm wat pas uitgereik is. 

Die liedjie, wat beskryf word as eg en rou, verskyn op Beeskraal se veertiende vollengte album Afrikana Osbloed wat die jaar vrygestel word.  

Charles sê Storm,  wat deur die liriekskrywer en sanger Abel Kraamsaal geskryf is, is een van die heel beste liedjies in Afrikaans.  Hoewel Abel reeds dié liedjie in 1998 gesing en opgeneem het, kon hy die woorde en die musiek net so wel vir Beeskraal geskryf het.  Charles, wat ook bekendstaan as sommer net Charlie het ’n goedverouderde digterstem en die rock-liefdesballade is bokshandskoenpas vir sy stem. 

Die liedjie handel oor die liefde, maar dit neurie nie op dieselfde toonhoogte as borrelgomliefdesliedjies nie (dit is eintlik ’n sonde om die woord borrelgom en Beeskraal in dieselfde sin te gebruik.)  Dit is diep, dit is hartroerend. Dit is so eg soos ’n mynwerker se oggendballade aan sy geliefde. “Maak nie saak hoe kwaad jy vir jou geliefde is nie; as jy werklik jou sielsmaat gevind het en julle mekaar elkedag koester, sal julle enige storm kan weerstaan en mekaar altyd nodig hê,” sê Charles. 

Die koorgedeelte van die liedjie eggo ook sy woorde: “… jy bly storm, jy bly kwaad, jy bly liefde so tussendeur die haat, maar jy bly verlossing in die oggend as ek na jou vra.”

Beeskraal, wat ook met heelwat toekennings bekroon is, het 21 jaar gelede ontstaan. Binne ’n paar maande was hulle op elke liewe student se bierasem. Hulle was die skakel tussen die destydse Voëlvry-beweging en die nuwe generasie se Fokof Polisiekar. Hulle ondersteuners het saam met hulle ouer geword, maar hulle kinders en (selfs) kleinkinders aan Beeskraal se eg Suid-Afrikaanse klanke bekendgestel.

Charlie sê die groep se sukses kan toegeskryf word aan die feit dat hulle nie wegbeweeg het van hulle oorspronklike klank en styl nie. ’n Mens peuter net nie aan ’n wenresep nie, sê hy.

“Ons het deur die jare met verskillende styl, soos baie internasionale groepe ook maar doen, geëksperimenteer.  Met twee van ons albums het ons van ons styl af weg beweeg. En dít het nie gewerk nie. Ons het besluit om by ons wortels en oorspronklike klank te bly soos AC/DC en die Stones. Om altyd by tye en by nuwe groepe se style aan te pas werk nie altyd nie. Ons dink die Boerepunkresep werk omdat ons die eerste groep in Suid-Afrika was wat met die styl geëksperimenteer het,” sê Charles. 

Die groep het deur die jare verander; ou lede het die groep verlaat en nuwe lede het dromme geslaan. Dit is waarom die liedjie ook so lekker is. Baie van die oorspronklike lede van die groep waaronder, Jasper van Rensburg, het aan die opname van die liedjie deelgeneem.

Storm is nou wel net ’n varsgepakte Adam Kraamsaal-weergawe, maar Dawie de Jager (oud-Klopjagman) het tydens die opname en musikale verwerking van die snit Beeskraal se boereklanke en styl behou. 

Enige Beeskraal-aanhanger sal hulle diepe waardering vir die liedjie uitspreek. Dit is Beeskraal op hul beste. 

Kyk na Beeskraal se nuutste musiekvideo hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.