Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Déhan verwerk bekende Anneli van Rooyen-liedjie op eiesoortige manier

Redaksiespan23 Februarie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Slegs ses maande nadat die Weskaapse-sanger Déhan die musiekbedryf storm geloop het  met ’n herverwerkte en nuutverpakte weergawe van Lucas Maree se Weduwee se kruik,  het hy weer die onmoonlike reggekry: om Anneli van Rooyen se bekende liedjie Kolmanskap op ’n eiesoortige wyse aan te bied en te interpreteer.

Die liedjie het ook op sy debuutalbum Dinsdagaand verskyn, maar is nou as varsverpakte enkelsnit uitgereik. 

Kolmanskop, wat in 1995 op Anneli se se album Soos ou vriende opgeneem is, vertel die storie van ’n spookdorp in Namibië.  Dié doprie was eens op ’n tyd ’n vooruitstrewende myndorpie met kroeë (selfs bordele), ’n barbier en winkels. Na die Eerste Wêreldoorlog het die dorpie stadig begin leegloop nadat die myn uitgeput geraak het. Vandag is daar net spokerige, verlate huise en herinneringe  van dit wat lank gelede daar gebeur het oor. Toeriste loop kniediep in die sand as hulle die dorpie besoek.

Déhan het ’n kans gewaag om Kolmanskop op te neem en uit te reik – die liedjie is een van Anneli se bekendste treffers – maar hy doen nie afbreuk aan musikale genaliteit van die trefferliedjie nie.  Inteendeel, Anneli het van die manier gehou waarop Déhan die liedjie vertolk het.  

Déhan is ook ’n groot Anneli-aanhanger en dit was vir hom ’n voorreg en ’n eer om nuwe lewe in Kolmanskop te blaas.  “Die liedjie lê my baie na aan die hart,” vertel hy. 

Luister na ’n voorskou hier:

Kolmanskop is liriekgedrewe en die lirieke (in die geval) is dalk baie belangriker as die musiek, maar Déhan het juis die liedjie gekies omdat dit pasknap vir sy stem is.

Hierdie talentvolle kunstenaar het nog altyd ’n diep waardering  vir betekenisvolle musiek gehad en hou nie daarvan om borrelgom liedjies te skryf of te sing nie. Dit is ook waarom hy besluit het om Kolmanskop op te neem.  “Ek is mal oor stories en as mense hulle verhale met my deel bevind ek myself soms pens en pooitjies binne hulle lewens,” sê hy. “Terwyl ek die liedjie opgeneem het, het ek myself verbeel dat ek een van die delwers in die Namib-woestyn was.” 

Déhan meen dat Kolmanskop ook ’n dieper betekenis het. “Toe ek die liedjie vir die eerste keer hoor, het dit my diep geraak. Dit is simbolies van die vreemde tye waarin ons lewe, die ruimtes waarin ons soms kan verdwaal, en diepvergete geraamtes wat jare later weer uit die kaste tuimel.” 

Déhan het nog nooit die geleentheid gehad om self tussen die verlantenheid van Kolmanskop rond te loop nie, maar as die kans hom voordoen is hy op die vliegtuig en dáár: tussen die huise uit ’n vervloë era en vertrapte drome. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.