FOTO: Okaydeer.co.za
Die talentvolle musikant en sanger, Stefan Jansen, se debuut enkelsnit, Verdienste en Genade, is gedurende Oktober 2020 uitgereik en dié verfrissende kontemporêre lied het by talle luisteraars landwyd aanklank gevind.
LEES OOK: Stefan Jansen: ‘Almal verdien liefde en vergifnis’
Omdat hy graag die emosie tydens die enkelsnit se opname wou uitbeeld in ’n musiekvideo en het hy en sy vervaardiger, Robin Walsh, besluit om verskeie GoPro-kameras in die ateljee op te rig.
Die eindproduk is ’n informele video wat die luisteraars agter-die-skerms neem tydens die opname en vervaardiging van hierdie inspirerende enkelsnit.
“Hierdie is nie ’n mooi-lyk video nie, hierdie is ’n video om vir my aanhangers deel te maak van die kreatiewe proses in die studio. Omdat dit wys hoe alles gebeur het kan mens die optrede en emosie van die song selfs meer voel,” sê Stefan.
Die musiekvideo is vandag, 17 Februarie eksklusief op Afrikaanse Musieknuus te sien.
Kyk die musiekvideo hier:
- Verdienste en Genade is beskikbaar op alle digitale platforms soos Apple Music en Spotify.