Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Rita Li sing oor ’n liefdesdriehoek in nuwe enkelsnit

Redaksiespan15 Februarie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Willem Botha

Sy is optimisties, energiek en positief.  Opregtheid straal uit haar uit en wanneer jy vir die eerste keer in daardie potblou oë van haar kyk kan jy nie anders as om die deernis en omgee vir  ander  in  haar  raak  te  sien  nie.  Dít is  Rita Li, die blonde sangeres wat al sedert die vrystelling van haar eerste enkelsnit, My Eerste My Laaste, 18 maande gelede, harte regoor Suid-Afrika verower.

En nou kom bederf sy ons wéér met ’n splinternuwe enkelsnit, Iemand Anders. Dié Afrikaanse popliedjie wat pas vrygestel is, is geskryf deur Dewald Wasserfall en Danny Smoke en gaan oor ’n liefdesdriehoek en al die emosies en worsteling wat daarmee gepaard gaan.

“Danny Smoke het een aand ’n fliek gekyk waarin die vrou haar man verkul het en hy wou die emosie hiervan vasvang in ’n liedjie, wat hy toe die volgende dag saam met Dewald Wasserfall geskryf het,” verduidelik die sangeres. “Elkeen van ons het al voor ’n keuse in ons lewe gestaan wat betrekking het op ’n verhouding. Almal van ons wil geliefkoos word, êrens hoort en passievol begeer word deur ons lewensmaat. Wanneer ons dit egter nie in ons verhoudings kry nie, gaan soek ons daarvoor – meestal op die verkeerde plek. Ek het gesien hoe die regte besluit jou kan laat blom en ’n inspirasie kan wees vir iemand anders wat dit dalk moeilik vind om reg te kies, maar ek het ook al gesien hoe dit jou totaal kan verwoes en hoe dít wat só idillies lyk, soms net ’n masker is waaragter ons wegkruip om ons eie foute weg te steek.”

Die musiekvideo vir die liedjie word op 26 Februarie 2021 vrygestel, maar meer as dit wil die sangeres nie verder verklap nie.

Iemand Anders is die eerste vrystelling vanaf haar komende album, Roekeloos Verlief, wat op 9 April 2021 bekendgestel sal word en groot dinge word vir hierdie enkelsnit en opkomende album voorspel waarvan die produksie deur die gesoute vervaardiger Murray Lubbe hanteer is.

Luister na ’n voorskou hier:

Rita Li is ’n plaasmeisie van Clocolan in die Vrystaat, maar woon deesdae saam met haar man en seuntjie in Pretoria.  Sy kan nie net sing nie, maar ook klavier en dwarsfluit speel en het selfs ’n afrigtingskwalifikasie in tapdans behaal.

Na haar studies het sy vir tien jaar lank as sportfisioterapeut gewerk voordat sy haar praktyk verruil het vir die mikrofoon.

Oor haar toekoms is sy optimisties en opgewonde:  “Ek is reeds besig om te beplan aan my volgende album, ’n landswye toer en verskeie plaaslike vertonings. Verder is my eie klerereeks en aanlynwinkel ook op die kaarte. Ek wil ek ook graag hê dat my musiek mense se harte moet raak en wil ek aanhou om die stories te deel wat oor my pad kom.”

Iemand Anders is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n meesleurende deuntjie, wat haar stem op sy beste laat vertoon en luisteraars uitnooi om saam te sing. Dit is verseker ’n lekker voorsmakie van wat luisteraars van haar nuwe album kan verwag en van die kwaliteit musiek wat sy nog met haar aanhangers gaan deel.

Die liedjie is nou hier op alle digitale platforms beskikbaar en die album kan ook reeds hier vooraf bestel word. Klik hier. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.