Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jan Rhaap lig sy ‘elmboog na bo’ met ’n uitdaging!

Redaksiespan11 Februarie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Jan Rhaap, se splinternuwe album, Elmboog Na Bo, word binnekort uitgereik en om dit te vier het hy onlangs die #ElmboogNaBo-uitdaging op sosiale media geloots. Tydens hierdie uitdaging word jy uitgedaag om, op video, ’n shooter van jou keuse in die vou van jou arm vas te knyp en te drink en dan jou vriende uit te daag om dieselfde te doen. 

“Mense daag mekaar alreeds uit om aan die uitdaging deel te neem.  Gaan loer gerus op my sosialemediablad om na al die lawwigheid te kyk! Enigiemand kan deelneem en dit kan enige drankie of koeldrank in die skootglasie wees wat jy verkies,” sê Jan met ’n stoute vonkel in die oog. 

Om dit nog meer spesiaal te maak het hy ’n musiekvideo van dié titelsnit en komiese liedjie uit sy eie pen laat vervaardig wat pas vrygestel is.  Die liedjie laat jou lag en positief voel en die video is deur Vonk Musiek vervaardig en in die Oosrand verfilm.

“Dit gaan oor my wat met vriende gesels oor een van ons ander vriende wat nou ook ewe skielik jenewer (gin) en vrugte drink as brandewyn en Coke soos die res van ons, en ek is bang dat ons hom gaan ‘verloor’ aan die gin. In die video braai twee van ons saam met hom…,” vertel hy. “Ons wou nie die video te ernstig opneem nie en mense laat lag, want dit is iets wat Suid-Afrika nou baie nodig het.”

Kyk die musiekvideo hier: 

Elmboog Na Bo is Jan Rhaap se vierde album en word amptelik op 19 Februarie 2021 eksklusief op kykNET, Die Groot Ontbyt, Kanaal-144 bekendgestel.  Dit sal dan ook op alle digitale platforms beskikbaar wees.

  • Deel gerus jou #ElmboogNaBo video’s met Jan Rhaap op sosiale media!
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.