Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Tong-in-die-kies musiekvideo vir Rinél Day se nuwe enkelsnit

Redaksiespan3 Februarie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

In die moderne lewe gebeur dit dikwels dat mans en vroue rolle omruil en dat die vrou aan die stuur van sake staan. 

In Rinél Day se nuutste musiekvideo van haar treffersnit, Breek die mure af, wat pas bekendgestel is, wys sy op ’n komiese manier dat dit heeltemal in orde is vir ons Evas om die leiding te neem en dat ons as hardwerkende vroue ook geregtig is op ons eie sprokiesverhaal. 

“Ek dink die alledaagse lewe en drama maak dat ons, as vroue, ons harte toe maak vir die idee van liefde en moontlike hartseer… maar ons besef nie altyd hoe kosbaar die liefde kan wees nie. Jy kan jou eie sprokiesverhaal skryf al is jy ’n hardwerkende vrou,” verduidelik sy oor die konsep agter haar nuutste musiekvideo, wat sy beskryf as ’n “moderne era-video met ’n Vintage-kinkel”. “Die idee was om uit te beeld dat hardwerkende vrouens ook ’n sprokiesverhaal kan hê. Min het ek geweet dat ek self ook soveel innerlike mure sou afbreek tydens die skiet van die video. Ek is omtrent uit my gemaksone gehaal en het myself op ’n heel ander vlak leer ken.”

Rinél wou graag grense verskuif met die skiet van hierdie tong-in-die-kies-video, wat oudergewoonte deur Coolerbox Brothers behartig is, en sy kry dit reg om die kyker weg te voer na ’n wêreld waar die man tuisbly, die vrou bedien en selfs stryk! 

“Chris da Silva het sy pragtige huis in Bedfordview vir ons beskikbaar gestel om lewe te gee aan my musiekvideo! Sy huis is beslis enige vrou se droomhuis, so dit het perfek gewerk vir my moderne feëverhaal,” verklap sy. “Ons het hard gesoek na die drie perfekte ouens om die hoofrolle te vertolk en ek is so bly dat ons vir John Owens (voormalige Mnr. SA), Phillip Hearn en Aubrey Pieterse aanboord kon hê. Hulle is puik in hulle onderskeie rolle en beslis iets vir die oog.” 

Kyk die musiekvideo hier: 

Breek die mure af is ’n voetstamplekker popsnit – uit die pen van Werner Beukes, Johan Brummer (Fatman) en Marius Strydom – wat in die voetspore volg van haar vorige enkelsnit en musiekvideo, Ek Het Opgestaan, wat uitstekend ontvang is en vir maande bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies landwyd gekuier het. 

Beide liedjies is geneem vanaf haar derde ateljee-album (Ek Het Opgestaan) wat in 2020 uitgereik is en bestempel word as een van haar beste vrystellings tot op datum. 

Om uniek te wees in ’n bedryf waarin daar baie kompetisie is was nog altyd vir Rinél, wat in Vryheid gebore is en hoofsaaklik in Richardsbaai en Swartruggens grootgeword het, baie belangrik en is een van die grootste bestanddele van die sukses wat sy tot dusver bereik het.

Met haar nuutste musiekvideo wys sy weereens dat sy nie bang is om kanse te waag om ’n treffende boodskap oor te dra nie en verstewig sy haar plek in die harte van musiekliefhebbers regoor die land. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.