Afrikaanse Musieknuus kry sy eie top-40!

Afrikaanse Musieknuus tel binnekort elke week 40 van die grootste treffers af met die amptelike Afrikaanse Musieknuus top-40.

Dié trefferlys, wat weekliks deur Reputasie saamgestel word, loods op Vrydag, 5 Februarie 2021. 

“Ons het nog altyd met die idee van ’n trefferlys gespeel, maar die tyd was nooit reg om só iets te doen. Die tyd het egter nou aangebreek,” het Fanie Nel, redakteur van Afrikaanse Musieknuus gesê. 

Die Afrikaanse Musieknuus top-40 werk op ’n statistiese barometer wat die hoeveelheid YouTube kyke per week meet. Die observasie periode is van Vrydag tot Donderdag elke week en musiek moet op YouTube beskikbaar wees – in die vorm van ’n musiekvideo of YouTube Music.