Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Lize-Marie Naudé spreek die ‘onkunde oor liefde’ aan in nuwe enkelsnit

Redaksiespan26 Januarie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die Oos-Randse sangeres, aktrise en onderwyseres Lize-Marie Naudé se nuutste enkelsnit Liefste Dromer is pas vrygestel en spreek temas soos vrese vir seerkry en onkunde oor die liefde aan.

Dié enkelsnit, wat kort op die hakke van haar tweede grendeltydperkenkelsnit Dagbreek volg, moedig jong verliefdes aan om vir mekaar te kan sê: “Maar ons is goed vir mekaar.” 

“Ek het uit my eie ervarings besef dat liefde wat nie oorgaan tot dade nie slegs ’n droom bly en ek het dit as vertrekpunt gebruik toe ek aan die lied begin werk het,” verklap sy. 

Liefste Dromer is die derde enkelsnit wat sy by haar lys van oorspronklike liedjies kan voeg. Sy het twee jaar gelede haar eerste enkelsnit Lighuis  vrygestel wat goed op plaaslike radiostasies en in die media ontvang en geniet is. Dié liedjie het haar as luisterliedkunstenaar gevestig en haar onbedorwe lirieke en vinnige byval by die publiek gevind.  

Liefste Dromer is deur Rian Swanepoel van Protrax studio vervaardiger en Lize-Marie en Dawie Bornman het ’n spanpoging aangewend en die liedjie neergepen.    Die lied se tema word ondersteun deur strelende kitaarspel wat van die eerste noot af dadelik jou aandag vasvang en hou. 

Luister na ’n voorskou hier:

“Drome is niks nuuts nie,” verklaar Lize-Marie. As sy nie op die verhoog is nie – Covid-19 het haar loopbaan vir ’n wyle gefnuik – is sy ’n wiskunde- en Afrikaansonderwyseres.  “Ek werk elke dag hard daaraan om my en my leerlinge se drome te verwenslik,” sê sy.

Marie se liefde vir haar taal is opvallend wanneer jy na haar lirieke luister. Elke versreël is met moeite en deernis gekies, gebeitel en verfyn. Haar musiekhelde sluit Nádine en Laurika Rauch in juis oor hoe hul lirieke met die taal omgang. 

Nauurs bestuur sy haar besigheid Virtuoso waar sy haar kennis oor musiek en drama met aspirantkunstenaars deel.

Sy beplan om in 2021 op verdere studies te fokus en hoop om eendag as rolprentregisseur te werk.

Sy beoog om nog een enkelsnit vry te stel waarna sy haar hulpbronne wil aanwend om ’n vollengte album uit te reik. 

As dit nie vir musiek was nie, het Lize-Marie heel waarskynlik ’n loopbaan as fisioterapeut of biokinetikus gevolg, enigiets waarin sy mense kon help om hulself te verbeter.

Lize-Marie se musiek sal nog vir lank nie uitgedoof word nie. Met haar eerlike, opregte en afgeronde musiek en lirieke sal sy aanhou om aanhangers van alle ouderdomme en agtergronde nader te trek.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.