Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Henrico Coetzer se weergawe van ‘Superhero’ lok duisende

Redaksiespan13 Januarie 2021
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Toe Henrico Coetzer gesing het “hoor my woorde” het hy dit bedoel!  Hierdie talentvolle donkerkop-sanger van Pretoria is besig om harte te wen sover as wat hy gaan en kykNET se Maak My Famous was maar net die begin! 

Om die nuwe jaar in te lei het Henrico sy weergawe (verwerk deur Pedro Kruger) en musiekvideo van Superhero (die baie bekende en gewilde EDEN-snit), wat hy tydens sy deelname aan Maak My Famous uitgevoer het, op sy Facebook-blad vrygestel.  Hy het die video self vervaardig toe hy ’n paar maande gelede met vakansie in die Kaap was en het dit eintlik opgedra aan sy pa wat sy eie “super hero” is.  Binne net ’n paar dae het die video oor die 100 duisend kyke gekry en staan dit tans op meer as 130 000 kyke!

“Ek kan dit nie glo nie!  Ek moet kort-kort twee keer kyk!,” sê ’n oorweldigde Henrico. “Ek het gehoop die mense ontvang die lied en die video en veral die emosie agter die lied soos dit my geraak het.  Dit was nogal ’n risiko omdat dit so ’n GROOT lied is en ek het nie geweet of mense van die verandering gaan hou nie,” voeg hy by.

Henrico het die lied en emosie aan hom en sy eie pa se verhouding gekoppel. “Toe ek dit gesing het was dit vir my moeilik om die trane terug te hou omdat ek en my pa al deur so baie is die afgelope paar jaar en ek hom regtig so lief het en hy ‘My Hero’ is.  Mens verstaan nie altyd ouers se optrede wanneer jy jonk is nie, maar hulle bedoel net goed en wil net die beste vir ons hê. Ek besef daar is so baie kinders daarbuite wat nie so bevoorreg is om ’n Pa of rolmodel in hulle lewe te hê nie. Daarom fokus ek daarop dat EK hulle ‘Hero’ sal wees en sal instaan vir hulle. Ek het nooit besef dat die lied eintlik so diep is totdat ons dit so afgebreek het en die emosie daarin gaan soek het nie.  Dit is toe dat ek besluit het om video grepe te kry van ondersteuners waar ’n Pa, Oupa of Oom tyd met hulle kinders spandeer en sodoende die ondersteuners deel van die video te maak,” sluit Henrico af.

Kyk die video hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.