Afrikaanse Musieknuus se #BesteVan2020-veldtog, wat onlangs van stapel gestuur is, is met ope arms deur die publiek en musikante ontvang.
Meer as 2000 stemme van regoor die land het ingestroom en die kompetisie was taai. In die nuweling van die jaar-afdeling het Bernice West en Riaan Benadé die stryd behoorlik aangesê met Bernice wat 826 stemme ontvang het en Riaan met 477 stemme. Bernice het koning gekraai in die popalbum van die jaar-afdeling met 614 stemme vir haar debuutalbum Net Geleen.
’n Allermintige 451 stemme het vir Ruhan du Toit sy eerste plek in die kontemporêre-album van jaar-afdeling gesorg terwyl Die Heuwels Fantasties met 808 stemme stof geskop het in die alternatiewe-album van die jaar-afdeling.
“Ons is regtig trots op al die kunstenaars en benoemdes. Baie dankie vir julle harde werk regdeur die jaar. Ons sien uit na nog ’n suksesvolle musiekjaar in 2021,” het Fanie Nel, die redakteur van Afrikaanse Musieknuus gesê.
Hier is die volledige lys van wenners:
Nuweling van die jaar
Bernice West
Popalbum van die jaar
Bernice West – Net Geleen
Kontemporêre-album van die jaar
Ruhan du Toit – Monumentaal
Alternatiewe-album van die jaar
Die Heuwels Fantasties – 2021
Beste album deur ’n Groep
Wit Kasteel – Toegewyd
Liedjie van die jaar (leserskeuse)
Sesde Sintuig – Gerduan Kemp
Kunstenaar van die jaar (leserskeuse)
Gerduan Kemp
Die wenners in die volgende kategorieë is bepaal deur ons redaksie-span en geen stemme is daarvoor uitgeoefen nie.
Liedjie van die jaar
Sonop-Blom – Bernice West
Uitskieter kunstenaar van die jaar
Riaan Benadé
Uitskieteralbum van die jaar
Riaan Benadé – Spontaan
Uitskieter liedjie van die jaar (uitsonderlike prestasie)
Nonna – Appel
Uitskieter-musiekvideo van die jaar
Rooksein – Kyk na my hart [Regie: Christiaan Wolf]