2020, lockdown en mode met Janie Bay!

FOTO: Henry Marsh

Janie Bay het in 2019 vir haar ’n plek in die Suid-Afrikaanse musiekmark losgesing. Ons het met Janie gaan gesels oor haar jaar, die lockdown en haar mode.

Hoe lank werk jy al aan jou musiekloopbaan? Wat is sover die hoogte en laagtepunte?

Dit stap nou na 12 jaar toe. Ek het vir baie lank Engelse liedjies geskryf en dis nou maar eers so vier jaar wat ek Afrikaans begin doen het. Wow, mens kry aanvanklik super baie teleurstellings in hierdie industrie, maar hoe gouer jy besef dit is deel van die proses, hoe beter – want jy gaan altyd jouself weer moet optel as jy wil aanhou musiek maak. Die hoogtepunte is waarvoor ek leef en aanhou musiek maak. Mense wat jou regtig ondersteun en aanhou luister en stream. Ander amazing artists wat keen is om saam met jou te werk. My een album se SAMA nominasie..

Jou musiek is sedert 2019 al meer as 4 miljoen keer op digitale platforms gestroo. Hoe voel dit om soveel aanhangers te bly werf?

Amazing. Daar is ’n frase: “Consistent, effective effort leads to success” en “slow and steady wins the race”. My loopbaan het so met die jare ontwikkel en ek verkies dit definitief so. Dis ’n ongelooflike lekker gevoel om so goed te kan doen. Ek is super dankbaar.

Die video van jou nuwe enkelsnit saam met Danie Reënwolf, Ek glo nog in Jou, is baie treffend. Vertel ons meer van hoe die video gemaak is?

Baie dankie. Danie was in ’n motorongeluk net so week of so voor die recording en filming van die musiekvideo. Ek het nie gedink die musiekvideo gaan moontlik wees hierdie jaar nie, maar Danie was keen om te shoot. Hy was toe nog 24/7 in ’n nek-stut, so ek moes iets uitwerk wat hom nie lank op stel sou sit nie en ter selle tyd, iets wat die regte emosie oor dra. Ek het besluit ons doen ’n eenvoudige split screen one-take video waar ons min of meer op dieselfde tye deur ’n huis stap, asof die karakters “long” vir hul persoon om huis toe te kom.

LEES OOK: Janie Bay, Danie Reënwolf sing ’n kragtige duet!

Watter proses volg jy om liedjies te skryf? Maak jy spesifieke tyd daarvoor?

My proses hang maar altyd af van die liedjie af of waar ek is op daardie stadium. Soms sit ek by my laptop en program musiek eerste, soms skryf ek ’n melodie en lirieke ’n my kop en neem dit na my kitaar toe om chords uit te werk. So ek is baie flexi in kreatiwiteit.

Watter van jou eie liedjies is vir jou die naaste aan die hart?

Sjoe, moeilike vraag. As ek een moet kies is dit seker Jammer. Ek het dié lied geskryf na ’n moeilike ervaring in my lewe. Meeste mense dink ek het dit vir my kêrel geskryf, maar dit is nie die geval nie. Al my liedjies kom uit ervarings uit, goed of sleg, so dis moeilik om net een te kies.

Watter liedjies dink jy geniet jou aanhangers die meeste as jy kyk na terugvoer op sosiale media ens.?

Elke liedjie word anders interpreteer kom ek agter, maar ek hou nogal daarvan. Dat ’n persoon dit vir of gedurende hul eie unieke situasie kan gebruik, hopelik as terapie! Sterre Brand, Die Heelal en Ek Glo Nog In Jou word nogals baie gedeel en ons kry ongelooflike kommentaar op Ek Glo Nog In Jou se video op YouTube.

Vertel ons meer van jou klerestyl?

Ek hou maar meestal daarvan om te thrift / vintage te koop. Ek hou van ouer style en dan ook die 90’s. 

Hoe het die Covid inperkings jou styl beïnvloed? Spesifiek m.b.t klere grimering en hare? Het jy steeds moeite gedoen of was dit vir jou ’n tracksuit en pajamas lockdown?

Ek het so twee dae in die week gekies om make up en hare te doen en mooi aan te trek. Ek het gevoel as ek dit heeltemal laat gaan gaan ek probably myself ook laat gaan!

Wat is jou planne vir 2021?

Ek wil graag ’n nuwe, vol-produksie album uitbring met nuwe songs wat hopelik mense se breine gaan breuk. Ek het ook meer begin skryf vir ander sangers, so ek hoop om te kan aangaan met dit. En as dinge uitwerk soos ek graag wil hê sal ek my eie besigheid hê oor die volgende jaar, maar vir nou hou ons dit maar hush-hush.