FOTO: Verskaf
Die Heuwels Fantasties se nuwe album Herverbeel is pas vrygestel en ons het by Pierre Greeff gaan aanklop om oor dié album en meer te gesels.
Julle nuwe album, Herverbeel, is pas vrygestel. Hoe het Die Heuwels dit reggekry om drie albums in ’n jaar soos 2020 uit te reik?
Ons is gelukkig genoeg dat ons so drie jaar terug ons eie ateljee oopgemaak het en dit het sowaar baie gehelp in hierdie tyd.
Hoe het julle besluit watter liedjie die album gaan haal?
Daar was ’n paar liedjies wat ons al lankal oor praat en nuwe jassies voor wou bou die res het soort van organies gebeur i.t.v keuses.
Daar is verskeie samewerkings met ’n hele paar indrukwekkende kunstenaars op die album. Hoe het julle op hierdie kunstenaars besluit?
Dit was ’n “right place, right time” ding. Tresor wou ons al lankal mee iets saamdoen en Shangri-La was die perfekte vessel! Laudo was toevallig by die ateljee toe ons Lieg Net opgeneem het en Loki het drie van die liedjies help vervaardig so dit was ’n no brainer om hom te vra om Margot in te rope. Sy is ’n amazing talent nes, CHXRL wat 19 jaar oud is en ongelooflik is.
Hoe het julle dit reggekry om almal van hulle betyds in die ateljee te kry vir opnames?
Dit het gebeur in verskeie ateljees wat natuurlik die proses makliker maak.
Watter liedjies op die album hou jy die meeste van?
Ek is mal oor Shangri-la met Tresor en Mej. Sonneblom met Margot , maar regtig ek dink daar is iets vir almal op Herverbeel.
Hardloop Weg is die enigste splinternuwe liedjie op die album. Jy het onlangs genoem dat dit ’n moeitelose skryfproses was. Wat dink jy maak ’n lied “maklik” om te skryf?
In die geval was dit woorde wat net gekom het in die middel van die nag en toe toevallig het Fred klaar ’n stuk musiek gehad by die ateljee wat dit net perfek gepas het. Dit is wel nie elke song se origin story nie! Maar dis baie lekker as dit net so vloei.
Vertel meer van die maak van die video. Die toneel waar jy in die lug oprys lyk na pret. Hoe is dit moontlik gemaak?
Kabels en ’n harnas en ’n lekker hoë dak by Panalux se studios asook talentvolle kamera manne in Hugo Brand en Kyle Wesson gepaard met goeie ou domkrag om my op en af te laat gaan.
Wat is Die Heuwels se planne vir 2021?
Ons het ’n album met die titel 2021 in Mei vanjaar uitgereik. Ons gaan die jaar begin deur na hom te luister!
- Herverbeel is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar. Klik hier om dit te luister.